Heilna du Plooy

Heilna du Plooy was vir bykans dertig jaar verbonde aan die vakgroep Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus en is tans professor emeritus en senior navorser in die Navorsingseenheid Tale en Literatuur in die Skool vir Tale aan die NWU. Sy is die skrywer van ongeveer honderd navorsingsartikels en hoofstukke in boeke oor Afrikaanse en Nederlandse prosa en poësie. Uit haar navorsing oor die raakvlak tussen verhalende en liriese tekste het verskeie publikasies gevolg, waarvan ’n boek in medewerking met Peter Hühn van die Universiteit van Hamburg, Facing Loss and Death – Narrative and Eventfulness in Lyric Poetry (Narratologia-reeks, De Gruyter Berlyn) die jongste is. Verder is sy mederedakteur van die Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans wat in 2018/9 verskyn. Sy het ’n aantal kortverhale gepubliseer asook vertalings van gedigte. Daar het drie digbundels uit haar pen verskyn (Die donker is nooit leeg nie, 1997; In die landskap ingelyf, 2003; Die stilte opgeskort, 2014), asook ’n roman, Die taal van been (2016). Sy is ook die samesteller van Elize Botha – gespreksgenoot. ’n Brieweboek, wat in 2017 verskyn het.

Breyten schrijven #25: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Heilna du Plooy

Yves T’Sjoen, Heilna du Plooy Literatuur 2026-02-02

"Ek het geweldige hoë waardering vir sy hele oeuvre, des te meer omdat, terwyl sy werk altyd onmiddellik herken kon word as gevolg van sy unieke styl, denkwyse en metaforiese rykheid, hy homself voortdurend vernuwe het."

Vertaalatelier: D(i)e tuin van Nolde

Ineke Holzhaus, Heilna du Plooy Vertalingen 2018-06-25

In 2015 won de Nederlandse dichteres Ineke Holzhaus de Hofvijver Poëzieprijs met de vijfdelige gedichtencyclus “De tuin van Nolde”. De Zuid-Afrikaanse dichteres Heilna du Plooy, die al jaren bevriend is met Holzhaus en haar man, de schrijver Willem van Toorn, werd zo door de gedichten geraakt, dat ze zich liet inspireren tot een vertaling.

Verified by MonsterInsights
Top