Irene Schoonwinkel

Irene is ’n vryskutvertaler vir ’n opvoedkundige onderneming genaamd Learning Lab Apps. Haar werk behels die vertaling van aanlyn akademiese oefeninge van Engels na Afrikaans - hoofsaaklik vir Graad 4 - 10 leerlinge.
 
As ’n voornemende Afrikaanse fantasieskrywer, oefen sy ook haar skryfvaardighede deur resensies en artikels te skryf wat op haar blog, www.frameofmind.co.za, gevind kan word.
 
Haar blog is ’n platform toegewy aan die waardering van kuns en die denke van die kunstenaar. Dit dien as ’n tipe huldeblyk aan die hoop, insig en kleur wat kuns en kunstenaars in ons alledaagse lewens bring.

Dis my ding, Wellington: Die stigting van die Breytenbach Sentrum

Irene Schoonwinkel Cultuur 2023-05-23

"Dit is ’n plek wat al ’n wye verskeidenheid mense die geleentheid gegee het om hul unieke 'ding' te kon doen en saam met ander te kon vier: Van musiekoptredes, boekbekendstellings, galeryopeninge tot die bedryf van ’n leerwinkel, ’n  tweedehandse boekwinkel, ’n teater, ’n koffiewinkel en ’n kunswinkel deur huurders op die terrein."

Verified by MonsterInsights
Top