Koos Kombuis

Koos A Kombuis (gedoop André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 gebore.

Hy het al verskeie digbundels, romans en ’n bundel korrespondensie gepubliseer.

Sy outobiografie, Seks & drugs & boeremusiek het by Human & Rousseau verskyn.

Hy is ook ’n bekende liriekskrywer en suksesvolle musikant.

Hoewel Koos Kombuis nie in die eerste plek as SF-skrywer bekend is nie, bestaan daar feitlik nie ‘n enkele roman waarin daar nie SF-elemente voorkom nie!

Benewens sy plaaslike publikasies het hy ook kortverhale gepubliseer in tydskrifte soos Planet Mag, Aphelion en FlagShip (Flying Island Press).

In 2010 is sy ontstellende toekomsblik The Last of the Great Coffeeshop Philosophers ingesluit in die Amerikaanse bloemlesing The Last Man Anthology, saam met skrywers soos Ray Bradbury, HG Wells, Edgar Allan Poe, Jack London, CJ Cherryh and Barry N Malzberg (Sword and Saga Press).

My sirkelgange deur Amsterdam

Koos Kombuis Reizen 2019-05-24

"'Walletjies, leuk, leuk,' het hy gesê. En ons beveel om hom te volg. Maar eers moes ons ’n stukkie LSD onder ons tonge sit. Blykbaar sou mens die Rooi Lig-distrik meer waardeer onder die invloed van LSD."

Top