NALN-tydkapsule: Van België na Suid-Afrika in 1950
2019-07-24Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein (Suid-Afrika) terug in tyd. Leana Lategan gaan gereeld interessante, waardevolle en soms byna vergete argief-items met Voertaal-lesers deel. Rob Antonissen is eerste aan die beurt. Hy was in sowel België as Suid-Afrika ’n gerekende akademikus en kenner van onder meer die Afrikaanse letterkunde.