Leona Conradie

Leona Conradie is ’n digter en skrywer.

Sy het grootgeword en woon tans in Ashton, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap.

Sy behaal haar BA-graad in 2018 en haar BA Honneurs- graad in Afrikaans en Nederlands in 2019.

Tot dusver het Leona ’n paar gedigte op LitNet, en een kortverhaal in ’n versamelbundel gepubliseer.

Sy is mal oor diere (veral honde).

Sy het ’n groot passie vir die opvoeding van kinders, en glo dat almal gelyke geleenthede verdien om hul drome uit te leef.

SAVN Nederlandse Winterschool (Julie) – ’n perspektief deur Leona Conradie, MA-student aan die Universiteit van Wes-Kaapland

Leona Conradie Meningen 2022-08-04

"Die doel van hierdie week lange Nederlandse winterskool te Hartenbos was om universiteitstudente wat Afrikaans en Nederlands as vak het, meer van die Nederlandse taal [en letterkunde] te leer ... Ek was weer tussen mense wat soos ek dink, maar die beste van alles was dat ek tussen mense was wat op ’n kritiese wyse met my kon verskil." 

Top