Lucinda Watts

Lucinda Watts het op vyfjarige ouderdom vioollesse begin neem en op sesjarige ouderdom met klavier begin. Sy het gedurende haar skoolloopbaan met musiek voortgegaan en by die Universiteit Stellenbosch in musiekopvoedkunde gespesialiseer. Daar het sy ook tot en met 2016 harplesse geneem.

In 2013 het Lucinda haar BMus (Opvoedkunde) voltooi, en voortgegaan om in 2014 haar Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) cum laude te ontvang. Gedurende die tydperk het Lucinda as onderwyser aan die Jamestown Sounds-gemeenskapsmusiekprojek deelgeneem en is daarna van 2015 tot 2016 as musiekonderwyser by Laerskool Bastion in Brackenfell aangestel. Haar verpligtinge by Bastion was om die juniorkoor asook die Orff-orkes af te rig, viool-, klavier- en blokfluitles te gee, asook om teorie en gehoor te onderrig. Lucinda was ook verantwoordelik vir klasmusiekonderrig vir die graad 1- tot 3-leerders.

Lucinda het besluit om in die buiteland verder te studeer, waar sy in 2019 ’n meestersgraad in musiekopvoedkunde by die Koninklijke Conservatorium in Den Haag (Nederland) voltooi het. Gedurende 2018 het Lucinda die KRAB Muziek-werkswinkelprojek in samewerking met Studio LOOS ontwerp en begin, wat maandeliks plaasvind. Lucinda woon tans in Den Haag, waar sy deeltyds privaat musieklesse gee.

"Ek moes al my meubels op my fiets na my woonstel toe dra"; interview met Lucinda Watts, student aan het Koninklijk Conservatorium in Den Haag

Ingrid Glorie, Lucinda Watts Interviews 2019-10-01

"Lucinda Watts is een Zuid-Afrikaanse uitwisselingsstudent. Tussen september 2017 en juli 2019 volgde ze een mastersopleiding muziekpedagogie aan het Koninklijk Conservatorium in Den Haag. Ze ontdekte hoe belangrijk het is om mensen om je heen te hebben die om je geven en die klaar staan om je te helpen."

Verified by MonsterInsights
Top