Madri Gerber is gebore in Suid-Afrika, maar sy bly al 18 jaar in Amsterdam. Sy het twee jaar Nederlandse televisie gedoen by verskillende senders. Sy het onder meer op Net5 haar eie kookshow gehad, Madri rond de wereld. In dié program het sy verskillende leweransiers besoek en geregte van oor die wêreld voorberei.
Ook het sy twee jaar lank in die sentrale presentasie van Alles over wonen geregte gekook en uitgelê, ondersteun deur mede-aanbieders van die program. Laastens het sy vir live opnames van Ondernemen doen we zo geregte voorberei en uitgelê aan gaste in die atelier.
Madri het in Nederland ook haar eie maatskappy begin, De Wijnlijst. De Wijnlijst het ontstaan uit haar liefde en passie vir mooi, eerlike Suid-Afrikaanse wyne. Sy wou mense entoesias kry oor Suid-Afrikaanse wyn. Wyn hang aan mooi geregte en vinnig het sy uitgebrei met ook die aanbied van food/wine pairings en catering. Madri: “So ek ag myself gelukkig dat ek my heeldag mag besig hou met wyn, spys en Suid-Afrika! Dit is ’n voorreg.”