Mandie Ehlers

Mandie Ehlers is werksaam as projekorganiseerder by die taal- en kultuurafdeling by die ATKV. “Ek het ’n groot liefde vir die taal en letterkunde en glo dat die een nie sonder die ander kan bestaan nie”, sê Mandie. “Ons grootste opvoedingstaak is om die jeug en studente bloot te stel aan die waarde van hul moedertaal en ook om opnuut weer ’n leeskultuur by ons kinders te vestig.”

Jongerenprojek Netwerk 2019

Mandie Ehlers Zuid-Afrikahuis 2019-08-02

"’n Groep van elf Suid-Afrikaanse studente en twee begeleiers het met oë vol verwagting op Brussel Lughawe geland. Vir baie van die studente was dit hul eerste kennismaking met die buiteland. In België het ons ondermeer Brussel, Leuven en Hasselt besoek. Ons eerste kennismaking van Nederland was in die pragtige stad Den Haag."

Verified by MonsterInsights
Top