Maronel Lotter

Ek het grootgeword in Pietersburg, Suid-Afrika. Ek het ’n wonderlike opgroei gehad. Baie herinneringe saam familie en baie braais en natuurlik spitbraais. Vakansies as ’n gesin saam weggegaan. Dit was nog veilig en ek en my neef het altyd in die veld oorkant die huis gaan speel. Toe ek 21 was het ek my man ontmoet, ons het getrou in 2008 en Pretoria toe getrek. Daar het ek verder as ’n laboratoriumtegnikus gewerk. Ons dogtertjie is in 2013 gebore en ons seuntjie in 2016. In 2017 het ons Nederland toe getrek en dis waar ons verhaal hier begin het.

  • Foto: verskaf

Nederkaans – "Daai ietsie van Suid-Afrika"

Cliffordene Norton, Maronel Lotter Interviews 2020-04-01

"Ek wil Nederkaans uitbrei sodat elkeen wat hiernatoe trek en alleen voel en voel asof hulle nie inpas nie, daai ietsie van Suid-Afrika, hulle eie kultuur, hier by hulle kan hê. Of dit nou ’n T-shirt, kussingsloop of net ’n muurdekal is. Dis daardie klein goedjies wat ’n huis jou eie maak."

Verified by MonsterInsights
Top