Martina Vitackova

Martina Vitackova is ’n postdoktorale medewerker by die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika.

Sy is in die destydse Tsjeggo-Slowakye gebore, het Nederlands, Afrikaans en Japannees gestudeer en toe vir haar PhD na België getrek. Haar D-graad in literatuurwetenskap het sy verwerf vir haar tesis Back to the roots? Forming new concepts of women’s identity in contemporary postcolonial literature written by women in Dutch and Afrikaans, wat later ook in boekvorm verskyn het.

Sy is mede-outeur van die Tsjeggiese geskiedenis van Nederlandse literatuur (2015). Sy het vyf jaar by die Universiteit van Pretoria gewerk, waar sy saam met ander kollegas die Gender Studies Research Group (GR@UP) gestig het.

Sy doen navorsing oor die representasie van vroulike subjektiwiteit in kontemporêre Afrikaanse letterkunde, veral in populêre romantiese fiksie, en vertaal Afrikaanse literatuur in Tsjeggies.

Antjie Krog, writer-in-residence van de Universiteit Gent

Yves T’Sjoen, Kurt Defrancq, Dora Scott, Martina Vitackova Literatuur 2021-12-13

"Met een jaar uitstel heeft UGent professor Antjie Krog uiteindelijk in oktober 2021 verwelkomd. Het schrijversprogramma ging van start op 1 oktober en liep tot 16 november 2021. Gezien het gevulde programma, met deelname van verschillende faculteiten en culturele instellingen, was de schrijversresidentie een creatieve en inspirerende periode voor schrijver, universiteit én een breed geïnteresseerd publiek."

GAZ-webinaar: Martina Vitackova vertel van ’n Gentse webinaar oor Afrikaanse letterkunde en komende publikasies

Willem de Vries, Martina Vitackova Academisch 2020-12-14

Aan die einde van wat internasionaal allerweë ’n uitdagende jaar was, daag  daar vandeesmaand in letterkundestudies iets met die aard van ’n nuwe lente en ’n nuwe geluid op in die vorm van die eerste webinaar van die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ). Akademici van verskeie wêrelddele gaan hieraan deelneem. Die koördineerder van die webinaar is die Tsjeggiese vertaler van Afrikaanse letterkunde Martina Vitackova. Sy gesels met Willem de Vries.

Verified by MonsterInsights
Top