Michael le Cordeur

Michael le Cordeur is mede-professor en die hoof van die Departement Kurrikulumstudie aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch. Hy is ’n produk van Pauw Gedenk Laerskool en matrikuleer aan Bergrivier Hoërskool. Voorheen was hy onderwyser aan Bergrivier, adjunkhoof van Weltevrede Sekondêre Skool, skoolhoof van Kylemore Hoërskool en kringbestuurder van Stellenbosch.

Hy verwerf sy doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch in 2004 met navorsing oor die bevordering van lees by leerders met behulp van mediastrategieë. Hy behaal ook sy BA Honneurs en HOD aan die Universiteit van die Wes-Kaap en ’n meestersgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy is die skrywer of medeskrywer van 21 boeke en het al meer as 75 referate op nasionale en internasionale vlak gelewer, o.a. in New York, Honkong, Parys, Amsterdam en Warskou. Hy het verskeie doktorale en meestersgraadstudente suksesvol gelewer.

Hy dien die gemeenskap op talle terreine: hy was die voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee en een van die mede-opstellers van die Wes-Kaapse taalbeleid, en is tans ’n direksielid van verskeie organisasies, waaronder die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Hy is ’n gereelde rubriekskrywer, met reeds meer as 200 artikels, en ’n gewilde kommentator op radio en TV. Hiervoor is hy pas deur die Universiteit Stellenbosch bekroon as een van die universiteit se mediadenkleiers in 2018.

Sy talle toekennings sluit in: vyf rektorstoekennings, ’n goue medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot onderwys (2008); die Goue Pen-toekenning vir die bevordering van Afrikaans (2012); en die Universiteit Stellenbosch se hoogste toekenning, die Kanselierstoekenning (2014).

Suid-Afrikaanse skole: hoe kan dit beter werk?

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Interviews 2019-03-25

"’n Honger kind kan nie leer nie; nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie."

Hostel deur Hein Willemse: ’n lesersindruk

Michael le Cordeur Literatuur 2019-03-25

"As sulks is die bundel ’n noodsaaklike dokument in die strewe om die volle waarheid oor apartheid te verwoord. As jy dus ’n alumni van die Universiteit van die WerkersKlas is, is hierdie boek ’n absolute móét."

Verified by MonsterInsights
Top