Neil Cochrane verwerf die grade BA (Uitgewerswese) (cum laude), BA (Hons) (Uitgewerswese), BA (Hons) (Afrikaans) (cum laude) en MA (Afrikaans) (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Vanaf 2001 tot middel 2006 was hy as deeltydse dosent verbonde aan die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Van Junie 2006 tot Desember 2007 was hy as buitelandse gasdosent werksaam by die Departement Nederlandse en Afrikaanse Taal, Letterkunde en Kultuur aan die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole, waar hy verantwoordelik was vir Afrikaanse taalverwerwing en Afrikaanse letterkunde. Hy publiseer wetenskaplike bydraes in Stilet, Tydskrif vir Letterkunde, Literator, Ensovoort en Acta Academica en tree gereeld by nasionale en internasionale vakkonferensies op. Hy is tans verbonde aan die Department Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika.