Nele Van den Broeck

Nele Van den Broeck (1985) is ’n teatermaker, musikant, voorsanger van die groep Nele Needs a Holiday en is die afgelope agt jaar ’n gereelde rubriekskrywer vir De Standaard. Nele het musiekproduksie aan die London College of Contemporary Music gestudeer. Voorheen het sy gelyktydig Drama aan die Royal Academy of Fine Arts in Gent en Duits en Spaans aan die Vrije Universiteit Brussel gestudeer. Sy woon in Brussel. Nele se werk handel oor temas soos sielkundige kwesbaarheid, groot drome, skreeusnaakse mislukkings en filosofiese alledaagsheid. Haar werk beeld ’n voortdurende soeke na die handleiding van die lewe uit. Sy het ’n ongewone pad geloop wat haar deur teater en musiek geneem het tot by skryf en weer terug. In 2019 is ’n bloemlesing van Nele se rubrieke, Halfvolwassen, deur Uitgeverij Horizon uitgegee. Haar debuutroman, Iemand Anders, is in 2023 gepubliseer.

Foto: Kaat Pype

Brussel tot Karoo-skrywersresidensie: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Nele Van den Broeck

Menán van Heerden, Nele Van den Broeck Interviews 2024-03-13

Die Vlaamse skrywers Nele Van den Broeck en Gerda Dendooven arriveer binnekort in Suid-Afrika vir die Jakes Gerwel Stigting (JGS) en Passa Porta (’n internasionale literatuurhuis in Brussel) se jaarlikse skrywersresidensie by Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap. Menán van Heerden gesels met Nele Van den Broeck oor haar werk.

Verified by MonsterInsights
Top