Obe Phillips

Obe Phillips behaal die grade BTh (onder meer Afrikaans 3) en BTh Hons aan die Universiteit Wes-Kaapland, word as dominee bevestig van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) Eersterivier. Later bedien hy ook die VGK Barkly Wes. Hy woon sinds 2020 in Doesburg, Nederland.

Afrikaans in die Martini Kerk met Antjie Krog

Obe Phillips Meningen 2022-09-15

"Ek preek gereeld in die historiese Martini Kerk van Doesburg waar Antjie Krog haar 'Brose aarde' voorgedra het, met begeleiding van koor en simfonie-orkes. Ek glo wie nie waag nie wen nie, so ek het ses maande na my aankoms alhier al in Nederlands gepreek in die Protestante Kerk Schaarsbergen en nou, twee jaar later in Nederland, kla die kerkmense nie oor die korrektheid van my Nederlands nie, maar oor my artikulasie, want die woorde is so na aan my Afrikaanse taal dat ek dit ook so artikuleer. Daarom was dit heerlik om Antjie Krog te hoor Afrikaans praat in die Martini Kerk waar ek gereeld moet let op my Nederlandse artikulasie."

Verified by MonsterInsights
Top