Phil van Schalkwyk (1972-) verwerf in 2004 ’n PhD in algemene literatuurwetenskap aan die Noordwes-Universiteit (NWU) met ’n vergelykende studie van kontemporêre mitologie in verhalende tekste uit Suid-Afrika en die Nederlandse taalgebied. Hy ontvang twee maal ’n beurs van die Nederlandse Taalunie en onderneem studiereise na Antwerpen (1996-1997) en Leiden (2000). Hy doseer deeltyds by die Skool vir Tale, NWU, vanaf 1998 tot 2001. In Oktober 2001 verhuis hy na PoznaÅ„, Pole, waar hy betrokke is by die aanbied van ’n Suid-Afrikaanse Spesialisasie by die Instituut vir Engelse Filologie aan die Adam Mickiewicz-Universiteit. In April 2006 keer hy terug na die NWU, waar hy sedertdien werksaam is as senior lektor in Afrikaans en Nederlands en as navorser. Hy spesialiseer in vergelykende letterkunde, met spesiale aandag aan Suid-Afrikaanse en Nederlandstalige prosa en poësie. Hy neem deel aan kongresse in Suid-Afrika, Nederland en Pole, het al opgetree as gasdosent in België, en is (mede-) outeur van ’n aantal navorsingsbydraes in plaaslike en internasionale publikasies.
Opgedateer/Updated: 2011-08-10
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za