Piet Westra is in 1937 in Groningen gebore. Hy is die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad en as uitgewer publiseer hy onder die naam Africana Uitgewers veral boeke oor die geskiedenis van Suid-Afrika, met spesiale aandag aan die rol van die VOC. Hy is nou betrokke by die bestuur van die meer as 100 jaar oue Nederlandse Bibliotheek en was die inisieerder en voorsitter van die Vriende van die Nederlandse Bibliotheek. Hy was van 1982 tot 2008 die voorsitter van die Van Ewijck Stigting en dien steeds in die bestuur daarvan.
In 1998 het hy die Van Riebeeck-penning van die Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging ontvang.
In 2008 is die Nederlandse koninklike onderskeiding van Ridder in die Orde van Oranje Nassou aan hom toegeken; en in 2010 was hy die eerste ontvanger van die Judge Albie Sachs Freedom Award van die Suid-Afrikaanse Biblioteekvereniging, vir sy stryd teen publikasie-sensuur tydens apartheid.