Rachida Lamrabet

Rachida Lamrabet is ’n Vlaamse skrywer van Marokkaanse afkoms. Sy het tot onlangs nog as prokureur vir die Sentrum vir Gelyke Geleenthede en Teenstand teen Rassisme gepraktiseer, maar skryf nou voltyds. Haar eerste roman Vrouwland is in 2007 gepubliseer en bekroon met die Vlaamse Debuutprys.

Identiteit en versweë geskiedenisse: ’n onderhoud met Vlaamse skrywer Rachida Lamrabet

Menán van Heerden, Rachida Lamrabet Interviews 2019-11-15

Bekroonde Vlaamse skrywers Rachida Lamrabet en Miriam Van hee is tans in Suid-Afrika vir hul Jakes Gerwel Stigting-skrywersresidensie by Paulet Huis in Somerset-Oos. Dit is die eerste keer dat daar so ’n samewerkingsooreenkoms tussen ’n literatuurhuis in België en ’n Suid-Afrikaanse organisasie gesluit word. Menán van Heerden gesels met Rachida Lamrabet oor haar werk en aktivisme.

Top