Riëtte Hugo

Watter woord pas die beste? Stokoud of horingoud? Lendelam of lamlendig? 

Riëtte is ’n ram (diereriem), sowel as ’n rot (Sjinese kalender).

Ramme storm in waar geen engel sal waag nie en rotte knaag en skarrel.

Sy probeer hard om haar ware natuur agter ’n organzalappie weg te steek, maar dis nie altyd moontlik nie. Sy het al skoolgehou onder ’n boom en ’n griffel en lei gebruik. Sy het ook al klasgegee vir verveelde tieners wat uiteindelik aan haar lippe gehang het – soveel so dat sy nie Botox fillers benodig nie. Sy het vir 46 jaar gemaak of sy weet waarvan sy praat en vir 51 jaar van getroude lewe gemaak of sy weet wat sy doen.

Riëtte hou vreeslik baie van kinders – ook haar eie vier en haar nege kleinkinders. Met haar finale wegtrede van skole af het sy besluit om op te skaal en nie af nie. Sy wil graag weer trou met ’n staatsamptenaar van ’99, sodat sy finansieel goed toegerus is vir die laaste 25 jaar voor sy 100 word.

Sy het grade en diplomas, maar wonder of sy kopieë moet saamvat as sy die tydelike met die ewige verwissel. Nog ’n kwessie wat haar laat wonder: Praat hulle Afrikaans daar waar sy volgende gaan woon? 

’n Menger-maler-mixer in Nederland

Riëtte Hugo Reizen 2023-08-15

"Wat is die gom wat almal aan mekaar bind? Die soeke na verwantskappe – 10 of meer geslagte gelede is hier aan die suidpunt van Afrika ’n Hollandse hutspot begin, aan daardie gemeenskaplike gereg smul ons nog almal."

Verified by MonsterInsights
Top