Sacha Landkroon is ’n digter en gesprokewoordkunstenaar en hy is een van die redakteurs van die tydskrif Roet, wat handel oor die Nedersaksiese literatuur. In 2009–2010 was hy die huisdigter (poet in residence) vir die universiteit in sy tuisstad. Hy het in 2010 sy nie-amptelike poësiedebuut, IKS, gepubliseer. In 2015 het hy die Hendrik de Vries-stipendium gewen wat tot sy amptelike poësiedebuut, Terra Incognita (2016), gelei het. Die sanger Stef Bos het die nawoord daarvoor geskryf. In Januarie 2018 het Landkroon in die finale van die Nederlandse kampioenskap Poetry Slam gestaan. Hy skryf in Nederlands, Engels, in die Drentse dialek en met groot plesier in Afrikaans.