Shawna-Leze Meiring

Shawna-Leze Meiring het in Gauteng op die Oos-Rand grootgeword. By die Universiteit van Pretoria het sy voorgraads uitgewerswese en nagraads letterkunde studeer. Sy is tans ’n uitgewer in Pretoria. Sy lees baie, wat beteken haar lewe is so te sê perfek. Vir afwisseling kyk sy graag programme soos Schitt’s Creek en kuier saam met vriende. Haar kop is te moeg om in die middae ná werk nog te lees. Sy probeer so nou en dan om joga te doen, maar raak dikwels op die jogamat aan die slaap.

Dolfje Weerwolfje en De kikkerbilletjes van de koning in Afrikaans

Cliffordene Norton, Shawna-Leze Meiring Literatuur 2020-07-15

"Die Dolfje Weerwolfje-reeks is baie gewild in Nederland en ons het gereken Suid-Afrikaanse lesers sal ook die stories geniet." Cliffordene Norton gesels met Shawna-Leze Meiring, kinderboekuitgewer en vertaler van die geliefde Dolfie-reeks.

Groningen-studie-uitruil: ’n onderhoud met Shawna-Leze Meiring

Marli van Eeden, Shawna-Leze Meiring Interviews 2019-06-11

"Ek verstaan nou hoekom Nederlanders geneig is om slank te wees. As ek my hele lewe lank so baie fiets gery het, in alle tipes weerstoestande, sou ek ook my daaglikse brood kon eet en dit geniet!"

Top