Vicky Davis is ’n bekende Suid-Afrikaanse TV-aanbieder en bekroonde aktrise, asook 'n gesoute regisseur en vervaardiger van TV-, musiek- en verhoogproduksies. Vicky het ’n Meestersgraad cum laude aan die Universiteit Stellenbosch verwerf met fokus op opvoedkundige vermaak en sosiale impak, en is aktief betrokke by jeugontwikkeling in die uitvoerende kunste. Vicky was van 2016 tot 2020 programbestuurder van die sonder-winsbejag-onderneming The Cape Town Music Academy. Sy is ook ’n bekroonde kinderboekskrywer en media-afrigter. Sy is getroud met die baskitaarspeler en musiekvervaardiger Schalk Joubert en is ’n ma van twee.