Die koning en koningin van België is Donderdag op luisterryke wyse deur president Cyril Ramaphosa in Suid-Afrika ontvang tydens die eerste amptelike staatsbesoek deur ’n Belgiese monarg aan Suid-Afrika. Koning Philippe en koningin Mathilda is op uitnodiging van Ramaphosa tot 27 Maart as gaste van Suid-Afrika in die land.
His Excellency President @CyrilRamaphosa receives His Majesty Prince Philippe and Her Majesty Queen Mathilda of the Kingdom of Belgium who are on a State Visit to South Africa from 22 to 27 March 2023 at the invitation of the President.#BelgiumInSA ???????????????? pic.twitter.com/lolA7wApGd
— Presidency | South Africa ???????? (@PresidencyZA) March 23, 2023
Die program van die monarge sal amptelike ontmoetings met Ramaphosa en lede van die regering insluit, sowel as besoeke aan Johannesburg en Kaapstad, waar hulle met die akademie, sakewêreld en die burgerlike samelewing gesprekke sal voer en historiese en kulturele terreine sal besoek.
Die staatsbesoek sal veral dien om bilaterale betrekkinge tussen die twee lande uit te brei en te versterk en ekonomiese betrekkinge te laat herleef, met ’n fokus op handel, direkte buitelandse investering en toerisme, het die presidensie vroeër in ’n verklaring gesê.
The #BelgiumInSA State Visit will serve to expand and strengthen bilateral relations between the two countries and revitalise economic relations with a focus on trade, foreign direct investment, and tourism. #BetterAfricaBetterWorld ???? pic.twitter.com/36COQmWLnf
— Presidency | South Africa ???????? (@PresidencyZA) March 23, 2023
’n Suid-Afrika-België-Besigheidsforum het kort na die aanvang van die monarg se besoek by die WNNR in Brummeria, Pretoria, plaasgevind.
His Majesty Prince Philippe of the Kingdom of Belgium and President Cyril Ramaphosa will address the South Africa-Belgium Business Forum which will commence at the Council for Scientific and Industrial Research (CSIR) in Brummeria at 14h00 #BelgiumInSA pic.twitter.com/rzFYk3XtZU
— @SAgovnews (@SAgovnews) March 23, 2023
België bly onder Suid-Afrika se top 10 handelsvennote en is die agtste vinnigste groeiende uitvoerbestemming. Die Europese Unie is die nommer 1-bestemming vir Suid-Afrikaanse uitvoere en Belgiese hawens bly ’n belangrike toegangspunt vir Suid-Afrikaanse uitvoere na lande sowel binne as buite die Europese Unie.
Die belangrikste uitvoerprodukte van Suid-Afrika na België sluit ongeslypte diamante, yster, vars vrugte, steenkool, erts en mangaandioksied in.
Die Belgiese regering sê op hulle webwerf die staatsbesoek sal Suid-Afrika se onstuimige geskiedenis wat nog vars in die geheue van sy inwoners is, beklemtoon deur hulde te bring aan diegene wat teen apartheid en vir vryheid geveg het voordat die land ’n demokrasie geword het waar die regte van almal gewaarborg word.
“België en Suid-Afrika word verbind deur ’n stewige vennootskap gebaseer op die beskerming van die fundamentele waardes verskans in die Handves van die Verenigde Nasies, multilateralisme en vrede en veiligheid op die Afrika- en Europese vastelande. Ons twee lande deel die begeerte om deel te wees van ’n volhoubare energie-oorgang deur te belê in innoverende oplossings om klimaatsverandering te beveg. Suid-Afrika geniet ’n besondere aantrekkingskrag in ons land, soos geïllustreer deur die groot aantal Belge wat hulle die afgelope dekades daar gevestig het om die grootste Belgiese gemeenskap in Afrika te vorm,” lui die inskrywing op België se amptelike webwerf.
The visit – the first to South Africa by the Belgian monarchy – is a demonstration of the strong bilateral relations that exist between the two countries. #BelgiumInSA @PresidencyZA @CyrilRamaphosa pic.twitter.com/zE3pwJs0x7
— @SAgovnews (@SAgovnews) March 23, 2023
Die Belgiese afvaardiging bestaan uit politieke, ekonomiese en akademiese leiers, insluitend die federale minister van buitelandse sake, Hadja Lahbib, sowel as ander ministers en verteenwoordigers van die streke en gemeenskappe van België.
Op akademiese vlak sal klem gelê word op die konsolidering van die reeds noue samewerking tussen verskeie Belgiese en Suid-Afrikaanse universiteite, veral op die gebied van navorsing. Op kulturele vlak sal die vriendskapsbande tussen België en Suid-Afrika tydens die konsert van ’n Belgies-Suid-Afrikaanse jazzkwartet gevier word.
België is tradisioneel onder die 10 groot bronne van internasionale toeriste na Suid-Afrika, terwyl Belgiese maatskappye ook beduidende beleggers in die Suid-Afrikaanse ekonomie het.
Suid-Afrika en die Lae Lande (Nederland en België) het ’n historiese en diplomatieke verhouding wat terug strek tot die 17de eeu toe die Nederlanders die Kaapkolonie gestig het. Vandag is daar ’n sterk handelsverhouding tussen Suid-Afrika en die Lae Lande, veral op die gebiede van tegnologie, landbou en minerale. Die Lae Lande is ook ’n belangrike bemarkingsbestemming vir Suid-Afrikaanse produkte en ’n groot bron van buitelandse beleggings.
Koning Willem-Alexander en koningin Máxima van Nederland het Suid-Afrika in 2015 besoek. Dit was die eerste amptelike besoek van ’n Nederlandse staatshoof aan Suid-Afrika sedert 1999. Tydens die besoek is daar onderwerpe van gemeenskaplike belang op ekonomiese, kulturele en veiligheidsgebiede bespreek.