Suid-Afrikaners hoef nie te vrees dat hulle ingeënt sal word met besmette entstof van Johnson & Johnson nie.
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het Sondag in ’n verklaring aangedui dat hy nie die Johnson & Johnson-entstowwe wat deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) in die VSA as ongeskik beskou word, sal vrystel nie.
Dié aankondiging volg nadat die FDA Vrydag aan Johnson & Johnson gesê het dat 60 miljoen dosisse van die entstof weggegooi moet word omdat dit moontlik besmet kan wees. Volgens ’n berig in The Washington Post is dit die getal Johnson & Johnson-entstowwe by die Emergent-fabriek in die VSA wat besmet is. Onder hierdie dossise val twee miljoen dosisse entstof (wat landwyd versprei sou word van die Aspen-aanleg in Gqeberha), berig Netwerk24. Daar is egter ongeveer 300 000 dosisse wat deur die FDA goedgekeur is, wat na Suid-Afrika gestuur sal word, vir onderwysers, berig Netwerk24.
Media Release:
SAHPRA update Covid-19 vaccine Janssen – FDA Developments
Read more: https://t.co/y9pzpIrD1Q#SAHPRA #COVID19 #Janssen #vaccines #GMP #FDA
— SAHPRA (@SAHPRA1) June 13, 2021
SAHPRA CEO Discusses J&J vaccine contamination https://t.co/0u4XT8HmJt via @YouTube
— SAHPRA (@SAHPRA1) June 14, 2021
Intussen het president Cyril Ramaphosa gesê Aspen Pharmaceuticals het sy produksiekapasiteit verhoog om aan nuwe dosisse van die Johnson & Johnson-entstof te begin werk. Ramaphosa sê hy is tevrede met die ondernemings wat tydens die G7-beraad gegee is oor Covid-entstowwe en wêreldwye ekonomiese herstel.
Ramaphosa, wat die beraad by Cornwall in die suide van Engeland bygewoon het, sê G7-leiers het onderneem om meer entstof beskikbaar te stel en ook om te help met die uitbou van produksievermoë in minder-ontwikkelde lande.
Die G7-lande gaan ’n miljard dosisse entstof deur die Covax-projek verskaf. Ramaphosa sê die Globale Suide benodig vervaardigingskapasiteit omdat dié lande nie van skenkings afhanklik wil wees nie.
Die ministerie van gesondheid het ook bevestig dat die entstofdosisse wat besmet en nie vir menslike gebruik geskik is nie, vernietig is. Dit plaas egter druk op die land se inentingsdoelwitte. Ramaphosa sê entstowwe soos Pfizer sal intussen gebruik word.
.@HealthZA notes the statement issued by the US FDA in relation to the doses of JnJ vaccines produced at the Emergent BioSolutions Plant in Baltimore, USA.The FDA has been investigating the plant following revelations that some of the batches may have been contaminated. pic.twitter.com/hYwbfxlFWD
— Department of Health (@HealthZA) June 11, 2021
Die aktiewe COVID-19-gevalle in Suid-Afrika is besig om skerp te styg namate die land al hoe dieper in die derde vlaag inbeweeg. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Saterdag (12 Junie) berig dat 9 320 nuwe gevalle in Suid-Afrika in die voorafgaande 24 uur geïdentifiseer is, wat ’n positiewe toetsingskoers van 16,6% verteenwoordig het.
#COVID19 UPDATE: A total of 56,173 tests were conducted in the last 24 hrs, with 9,320 new cases, which represents a 16.6% positivity rate. A further 114 #COVID19 related deaths have been reported, bringing total fatalities to 57,706 to date. Read more: https://t.co/CbivV9EoMK pic.twitter.com/8lpx2SfqSY
— NICD (@nicd_sa) June 12, 2021
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Maandagaand (14 Junie) berig dat 5 552 nuwe gevalle in Suid-Afrika in die voorafgaande 24 uur geïdentifiseer is, wat ’n positiewe toetsingskoers van 18,5% verteenwoordig het.
#COVID19 UPDATE: The correct number of COVID-19 deaths in the last 24 hours is 114, apologies for the inconvenience caused. pic.twitter.com/Kha5mLPA8y
— NICD (@nicd_sa) June 14, 2021
14 June 2021 #COVID19 daily statistics #CoronavirusSA https://t.co/GFRz2tVSgT
— Department of Health (@HealthZA) June 14, 2021
Die Nios het op Maandag (14 Junie) berig dat die meeste van die nuwe, daaglikse gevalle – 67% persent – is steeds in Gauteng, gevolg deur 8 persent in die Wes-Kaap en 5 persent in Noordwes. Nog 153 mense is teen Maandag in hospitale (in die voorafgaande 24 uur) weens COVID-19-verwante infeksies oorlede.
In Gauteng het die provinsie se premier, Dawid Makhura, gevra vir strenger inperkingsmaatreëls om die verspreiding van die virus te bekamp. Die waarnemende minister van gesondheid, Mmamoloko Kubayi-Ngubani, het ook die afgelope naweek haar kommer uitgespreek oor die stygende getal nuwe infeksies in Gauteng. Sy sê die COVID-19-bevelsraad sal hierdie week oor die stygende getal infeksies beraadslaag, waarna daar oor moontlike strenger regulasies besluit sal word.
Die Nasionale Raad vir Drankhandelaars (NLTC) het ’n beroep op die regering gedoen om nie weer die verkoop van alkohol te verbied te midde van die stygende nuwe koronavirusinfeksies nie. Die alkoholbedryf sê vervaardigers en verkopers van drank het miljarde rand se verliese weens inperkingsregulasies gely. Hulle het ’n beroep op die regering gedoen om te kyk na alternatiewe maatreëls om die verspreiding van die virus te beperk. Die sameroeper van die raad, Lucky Ntimane, sê die belangrikste ingryping om die pandemie te beëindig, is om inentings te bespoedig.
Die vorige kere toe ’n verbod op die verkoop van alkohol ingestel is, is die verspreiding van die virus volgens die NLTC nie gestuit nie. Hulle sê in ’n verklaring dit het eerder die mark vir onwettige alkoholverkope bevorder en dié mark verteenwoordig nou 20% van alle drankverkope. Ntimane sê die regering moet aan nuwe oplossings dink om die probleem saam met al die rolspelers te probeer oplos.