Emosies loop hoog nadat die leier van die Black First Land First (BLF-beweging), Andile Mngxitama, die afgelope naweek oorlog verklaar het teen wittes en gedreig het om hulle te vermoor. Hy het in ’n opruiende toespraak gedreig om vrouens en kinders en sommer ook diere te vermoor.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy regspan opdrag gegee om hofstukke op te stel ten einde Mngxitama by die gelykheidshof van haatspraak aan te kla. Dít volg nadat hy Saterdag tydens ’n toespraak in Potchefstroom die moord op wit mense aangehits het.
“We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way … We’ll kill their dogs. We’ll kill their cats. We’ll kill anything that comes before us,” het Mngxitama ondermeer gesê. Hy het aangevoer dat sy organisasie vyf wit mense sal vermoor elke keer wanneer ’n swart persoon in Suid-Afrika vermoor word. Mngxitama het verder aangevoer dat sy organisasie besig is om 50 000 soldate vir hierdie doel te mobiliseer.
https://twitter.com/BlackOpinion2/status/1071450221308190725
AfriForum sê dit is blatante haatspraak en aanhitsing tot geweld. In die hofstukke versoek AfriForum voorts dat Mngxitama beveel word om R500 000 aan ’n organisasie te betaal wat hom daarvoor beywer om haatspraak te beveg en ’n bevinding deur die hof dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ondersoek moet instel om Mngxitama strafregtelik te vervolg.
Mngxitama se uitbarsting die afgelope naweek volg nadat die miljardêr-sakeman Anton Rupert in ʼn onderhoud met Given Mkhari van Power FM gesê het hy het ʼn vriend in die taxibedryf. “Ek het ook my eie weermag as daardie rooi ouens kom; hulle sal moet onthou van die taxivereniging,” het Rupert op ʼn ligter noot in die verbygaan gesê tydens die onderhoud.
Talle Suid-Afrikaners het hulle verontwaardiging op sosiale media uitgespreek oor Mngxitama se dreigement en geëis dat daar daadwerklik teen hom opgetree word. Die DA het Mngxitama ook by die Menseregtekommissie aangekla. Hulle gaan hom ook by die gelykheidshof verkla oor sy opmerkings. Volgens die DA is dit niks anders as aanstigting tot geweld teen wit Suid-Afrikaners nie. Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, sê in ʼn verklaring die party se leier in Noord-Wes, Joe McGluwa, gaan ook klagtes teen Mngxitama indien vir aanstigting tot geweld.
We have reported #AndileMgxithama to the South African Human Rights Commission and the Equality Court following his vile and distasteful remarks which he incites violence against white South Africans.https://t.co/5POYIcrw5i
— Democratic Alliance (@Our_DA) December 10, 2018
Die Congress of the People (Cope) het ook kriminele klagtes teen Mngxitama ingedien. Cope het in ʼn verklaring op Twitter gesê die klagtes behels haatspraak en aanstigting tot geweld teen wit Suid-Afrikaners deur die BLF-leier. Cope sê hulle sal nooit stilbly wanneer nasiebou, versoening en die waardes van die land se grondwet bedreig word nie.
Verskeie swart Suid-Afrikaners het hulle in die openbaar van sy uitsprake gedistansieer en die hoop uitgespreek dat hy voor die hof gedaag sal word.
“Hierdie soort taal is blatante rassisme, om nie eers te praat van onverantwoordelik nie. Ek hoop daar word op dieselfde manier met Andile gehandel as met Vicki Momberg, daardie Adam ou en Penny Sparrow onder andere. Hierdie post ’94 revolusioniste moes blykbaar vergeet het van die verlede waardeur ons is met politieke geweld voor 1994,” het Mudzunga Ratshitanga op Twitter geskryf.
https://twitter.com/AdvBarryRoux/status/1072079177296306177
Buro: NB