Die agt lede van die polisie se omstrede blouligbrigade wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n motor op die snelweg tussen Pretoria en Johannesburg tot stilstand gedwing en die insittendes aangerand het, staar elkeen twaalf aanklagte in die gesig wat wissel van roekelose en nalatige bestuur tot aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid wat na die veiligheid van kabinetslede moet omsien, is dié naweek in hegtenis geneem. Hulle het hulself Sondag by die Sandton-polisiestasie oorgegee.
Dit volg na intensie druk deur opposisiepartye, burgerlike organisasies en die publiek dat die mans wat na bewering verantwoordelik was vir die voorval, in hegtenis geneem en aangekla moet word.
Daar was Maandag ’n groot mediateenwoordigheid by de hof waar die beskuldigdes aangekla is. Weens die groot openbare belangstelling is gevra dat die media toegelaat word om die verrigtinge regstreeks uit te saai.
Die saak is tot later hierdie week uitgestel en die beskuldigdes sal by die plaaslike polisiestasie aangehou word terwyl die borgtogaansoek voortduur. Slegs een persoon, Shadrack Kojoana, het sy borgtogaansoek ingedien.
The eight masked police officers charged over the N1 assault earlier this month finally make their appearance. They face 12 charges, which are all provisional at this stage. @TimesLIVE @SundayTimesZA pic.twitter.com/Xp8v46zGtJ
— Khanyisile (@Khanyi_Seele) July 24, 2023
Al agt persone word ook aangekla van oortreding van die vuurwapenbeheerwet (rig van ’n vuurwapen) en oortreding van die Nasionale Padverkeerswet (roekelose en nalatige bestuur), opsetlike beskadiging van eiendom, aanranding met die doel om ernstig te beseer en pogings om die regspleging te verhinder.
Thread 1/
All 8 #BlueLightMafia #VIPprotection thugs are charged with the following:
-Count 1 to 4: Contravention of the firearms control act (pointing of a firearm)
-Count 5: Contravention of the National Road Traffic Act (Reckless and negligent driving) pic.twitter.com/hppaJ8NZzL— Ian Cameron (@IanCameron23) July 24, 2023
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ’n verklaring ingedien teen borgtog en die staat het borgtog amptelik teengestaan.
Ian Cameron, die direkteur van gemeenskapsveiligheid by die burgerlike organisasie Action Society, was een van diegene wat gevra het dat die beskuldigdes borgtog geweier word.
NEWS || No bail for #BlueLightMafia.
"IPID, SAPS and the NPA need to stop treating these criminals like VIPs and start treating them like the criminals they are. Denying bail is the right thing to do," says Action Society's @IanCameron23.https://t.co/dMLFGXYUOu
— Action Society (@ActionSocietySA) July 24, 2023
Action Society het kort na die voorval ’n veldtog teen polisiebrutaliteit geloods met ’n oproep dat die eenheid, wat hulle die #BlueLightMafia noem, verbied word. Dit volg in na aanleiding van ‘n video van ’n groep gewapende polisiebeamptes wat ’n blou VW Polo tot stilstand dwing en die bestuurder en twee ander ernstig aanrand.
“Hulle moet vir die duur van hierdie saak agter tralies bly. Hulle moet van hul range gestroop en afgedank word. Hulle moet self die regskoste dra. Dit is die publiek teen hulle. Ons wil hulle nie verdedig nie,” het Action Society op Twitter gesê
"They must stay behind bars for the duration of this case. They should be stripped of their ranks and fired. They must carry the legal costs themselves. It is the public against them. We do not want to defend them," says Action Society's @IanCameron23.https://t.co/G3HqYOu4Ri…
— Action Society (@ActionSocietySA) July 24, 2023
Action Society het ook aan die nasionale kommissaris geskryf om te vra wie die rekening vir regskoste van die polisiemanne betaal. Hulle eis verder dat hul diens as SAPD-lede beëindig word.
Die DA se skaduminister van polisie, Andrew Whitfield, het in ’n verklaring gesê: “Die blouligboelies moet soos alle ander gewelddadige misdadigers behandel word na hierdie gewelddadige en onuitgelokte aanval. Die strafregstelsel moet sy pligte sonder vrees of guns uitvoer.”
???? The DA welcomes the arrest of the SAPS blue light bullies ahead of their appearance in court tomorrow. This comes after the DA lodged a complaint with IPID for investigation.
We remain steadfast in advocating for the rights and safety of all citizens.https://t.co/OBPTpwUQMN
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 23, 2023
Whitfield sê as ’n samelewing moet die gemeenskap enige magsmisbruik veroordeel en aanhou werk aan ’n regverdige Suid-Afrika vir almal. Hy sê die DA sal aanhou pleit vir die regte en veiligheid van alle burgers om te verseker dat diegene wat aan sulke gedrag deelneem, die volle gevolge van hul dade dra.
Volgens Cameron van Action Society sal nie een lid van die publiek veilig voel om na hierdie voorval vir ’n polisieman te stop nie.
“As ’n samelewing is die vertroue in die polisie op ’n laagtepunt. Opod, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag moet ophou om hierdie misdadigers soos BBP’s te behandel en hulle begin behandel soos die misdadigers wat hulle is. Om borgtog te weier is die regte ding om te doen,” het Cameron in ’n verklaring gesê.
Hy sê die enigste manier waarop die SAPD tot verantwoording geroep kan word, is as Opod ten volle onafhanklik word en grondwetlik as ’n hoofstuk 9-instelling verskans word.
“As enigeen van ons op kamera gevang was waar ons iemand van die pad af dwing, hul motor oopbreek, met ’n vuurwapen dreig en slaan en hulle bewusteloos skop, waarna daar eenvoudig wegry word, sonder om te weet of die slagoffer wat agtergelaat is, dood of lewend is, sou ons daardie selfde nag in die selle geslaap het.”
Cameron sê die feit dat die SAPD versuim het om die aanvallers eerder in hegtenis te neem, toon die korrupte kultuur van dubbele standaarde in die SAPD en beklemtoon dat Opod geen tande het om te doen wat hulle opdrag is nie.
“Dit het hulle agtien dae ná die aanranding geneem voordat hulle aangekondig het dat hulle ’n arrestasie gaan maak, en eers nadat hulle ‘magtiging’ van die direkteur van openbare vervolging ontvang het.”