Al wat politieke party is, het Donderdag probeer om politieke munt te slaan uit die Tesourie se aankondiging dat die beplande BTW-verhoging wat op 1 Mei in werking sou tree, teruggetrek is.
Selfs partye soos ActionSA, wat saam met die ANC en kleiner partye ten gunste van die fiskale raamwerk gestem het wat so ’n verhoging sou insluit, maak nou aanspraak op ’n oorwinning.
Baie waarnemers meen egter dit is eerder te danke aan die hofsaak wat die DA en die EFF teen die beoogde verhoging aanhangig gemaak het dat daar besluit is om afstand te doen van die voorgenome verhoging.
Die hof sou volgende Dinsdag uitspraak daaroor gee en die aanduidings was dat daar ’n sterk moontlikheid was dat die DA en die EFF die hofsaak sou wen.
Die besluit om afstand te doen van die BTW-verhoging is Woensdag in ’n laatnagverklaring deur die Tesourie aangekondig.
🇿🇦💸 VAT Increase Reversed 💰
The National Treasury has announced that the planned VAT hike will not proceed.
🔗 Read more https://t.co/56I5it6xRY #GovZAUpdates #Budget2025 #VATIncrease pic.twitter.com/8ZmeQiAbsx
— South African Government (@GovernmentZA) April 24, 2025
Partye soos ActionSA, die PA, Good, IVP en ander kleiner partye het Donderdag tydens ’n gesamentlike perskonferensie met die ANC direk of indirek teen die DA uitgevaar en krediet opgeëis vir die besluit.
A BUDGET VICTORY THROUGH PRINCIPLED NEGOTIATION AND POLITICAL MATURITY
The GOOD Party welcomes the withdrawal of the 0.5% VAT hike. As a party, we have actively and constructively engaged in the process of finding a solution to the Fiscal Framework and budget.
Read… pic.twitter.com/coYT0ASWii
— GOOD (@ForGoodZA) April 24, 2025
Volgens die verklaring deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, volg die besluit om nie BTW te verhoog nie, op uitgebreide konsultasies met politieke partye, en noukeurige oorweging van die aanbevelings van die parlementêre komitees.
Deur nie ’n verhoging van BTW te implementeer nie, sal die geraamde inkomste op medium termyn volgens die minister nou met sowat R75 miljard tekortskiet.
Gevolglik het hy aan die speaker van die Nasionale Vergadering geskryf om aan te dui dat hy die tersaaklike wetsontwerpe wat met die besluit verband hou, sal hersien om uitgawe-aanpassings voor te stel om hierdie tekort aan inkomste te dek. Hy sal binne die volgende paar weke ’n hersiene weergawe van die begrotingswetsontwerp indien.
Die DA, wat die hofsaak teen die beoogde BTW-verhoging aanhangig gemaak het en deur die EFF daarin gesteun is, het die Tesourie se aankondiging verwelkom.
Die party sê in ’n verklaring dit is ’n groot oorwinning vir die DA en, nog belangriker, vir miljoene Suid-Afrikaners.
⚖️The DA's court action on the VAT hike achieved its intended result. When Parliament failed, the DA stood firm to protect the public from the consequences of a tone-deaf and anti-poor hike and fiscal framework.
Thank you to everyone who supported this, from Parliament to court. pic.twitter.com/kL2a0WhLSJ
— Democratic Alliance (@Our_DA) April 24, 2025
“Ons dringende hofaansoek wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is, het nie net die ongrondwetlike en prosedureel gebrekkige aard van die BTW-verhoging blootgelê nie, maar ook die arbitrêre mag wat die Minister van Finansies wou uitoefen om dit op te lê.”
Die DA sê sy regstappe het die beoogde resultaat bereik. “Toe die parlement versuim het om op te tree, het die DA vasgestaan om die publiek te beskerm teen die gevolge van ’n toondowe en anti-armoedebegroting.”
Volgens die DA onderstreep dit die mag van die party om verandering te bewerkstellig in ’n nuwe konteks waar daar nie meer ’n meerderheidsparty is nie.
Die EFF het ’n beroep op Godongwana gedoen om op sy swaard te val en as minister van finansies te bedank.
♦️Listen♦️
EFF’s Statement on the Withdrawal of the 2025 Budget and the VAT Hike. pic.twitter.com/Eh2g9PhqKD
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) April 24, 2025
Sinawo Thambo, EFF-woordvoerder, het in ’n verklaring die “foefie van ’n BTW-verhoging” as “misleidend, ondeurdag en roekeloos” beskryf.
Hy sê die EFF vra vir die onmiddellike bedanking van die Minister van Finansies en die direkteur-generaal van die Tesourie.
ActionSA, wat saam met die ANC en kleiner partye ten gunste van die fiskale raamwerk gestem het, wat ’n BTW-verhoging ingesluit het, sê dit is as gevolg van “beginselvaste, goeietrou-onderhandelinge, gegrond op substansie eerder as afpersende, onpatriotiese en skaamteloos oneerlike politiek” dat daar nie ’n BTW-verhoging sal wees nie.
“Daar sal geen BTW-verhoging wees nie, nie weens enige hofsaak waarvoor opportunistiese partye nou valslik krediet wil eis nie,” het ActionSA se leier, Herman Mashaba, gesê.
Die DA hou egter vol die uitkoms volg op volgehoue teenstand deur die DA in die kabinet, die parlement en die howe.
💪 The DA entered the Government of National Unity with steel spines and a clear mission: grow the economy and create jobs to rescue SA! We opposed the unjust VAT hike from day one — and SA won. This is a victory for millions. Watch here: https://t.co/a6zFeOV19I#NoToVATIncrease pic.twitter.com/lvhibXT3rW
— Democratic Alliance (@Our_DA) April 24, 2025