Nu op LitNet

Studenteprotes: ’n tydbom wat gewag het om te ontplof

Jean Oosthuizen 2021-03-12 "Die dood van die 35-jarige Mthokozisi Ntumba wat onskuldig in die skermutseling tussen die polisie en studente doodgeskiet is, is ’n vingerwysing na ’n veel groter probleem as studentebetogings en polisiebrutaliteit. Die vinger wys direk na die ANC wat die armes oor die jare heen heuning om die mond smeer met valse en onuitvoerbare beloftes." […]

US-taaldebat 2021: Toe, wanneer word jy baas oor ’n ander se mond?

Lynthia Julius 2021-03-12 "Afrikaans gaan nêrens. In die geval van die twee koshuise moet die HK aangespreek word. Dis nou net die geval waar ’n student bietjie mag bekom en dan wil maak soos hy lus kry. En hoe sê die slimmes? Mag korrupteer. Absolute mag korrupteer absoluut."

US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies

William Sezoe 2021-03-10 "Hoe de hel kan eentaligheid inklusiwiteit bevorder? Uit watter woordeboek kry hulle daai snert?"  

Gorman, Coel en Markle: verskillend en tog dieselfde

Bettina Wyngaard 2021-03-09 "Ons het so pas Internasionale Vrouedag gevier. Dalk sou dit meer betekenisvol wees indien ons ophou om vroue, maar veral swart vroue, hul stemme te ontneem."  

COVID-19: Eensaamheid in die tyd van ’n pandemie

Jacques le Roux 2021-03-08 "Ek het my geliefde, lewenslustige, gesonde en een dag kort van haar 85ste verjaardag moeder op 1 Februarie aan die gevreesde virus afgestaan. Nou moet ons oppas dat die pandemie nie in ’n epidemie van die hart oorgaan nie."  

Oscars: En die kortlys vir beste buitelandse rolprent is ...

Rick Bronkhorst, Anna-Marie Jansen van Vuuren 2021-03-01 "Dit beteken dat die 9 000+ lede van die Academy hoogs moontlik ook nie van Toorbos gehoor het nie. Wat hulle betref kan dit net sowel ’n nuwe vorm van tee wees – Rooibos se boetie of sussie."  

Sensitiwiteit vir tale ’n móét vir inklusiwiteit in skole

Melt Myburgh, Emma Groenewald 2021-02-24 "Ek glo dat diversiteit nie ’n struikelblok hoef te wees nie, maar dat onderwysers verskillende strategieë kan aanwend sodat leerders deur die diversiteit in die klaskamer verryk en bemagtig word."  

COVID-19: die perspektief van Marni Bonthuys, ’n Suid-Afrikaner in België

Marni Bonthuys 2021-02-12 "Die realiteit is egter dat niemand vorentoe jou ivermektiensertifikaat gaan vra nie. Inentingsertifikate gaan egter waarskynlik verplig word – in elk geval tot die meerderheid mense immuniteit teen COVID-19 het."  

The lie of 1652: Retories regstellend, feitelik bedenklik?

Frederik Rudolph van Dyk 2021-02-08 "Want deur daardie petit histoires, oftewel 'klein geskiedenisse', ’n regverdige kans tydens hoofstroomgeskiedskrywing te gee, verryk ons die waarheidsoeke en bevestig ons getrouheid aan die volle menslike storie. Maar om onder andere hawens te verbeel waar hulle nie bestaan het nie, sal enige skeepsvaarder van die geskiedenis eenvoudig op die rotse lei."  

Disinformasie in die Globale Suide

PEN Afrikaans, Herman Wasserman 2021-02-05 "Moenie vir haar sê: 'Ag Ouma is belaglik en glo elke wolhaarstorie' nie. Sê vir haar: 'Ek verstaan Ouma is bekommerd. Ons is almal maar bang vir hierdie pandemie, maar die entstof is regtig ons enigste hoop. Hier is ’n skakel na ’n goeie artikel in die koerant wat mooi verduidelik hoe die entstof werk.'." […]

Antjie se oog op môre

Melt Myburgh, Antjie Krog 2021-02-03 "In die lieflike liggevulde vertrek gaan sit ek die eerste oggend en op die bladsy van ’n gedig waaraan ek wou werk, begin ek, asof in ’n dwaal, asof ek oor ’n groot skeur in die grond spring, die drama skryf."  

COVID-19: Februarie 2021 se virusnarratiewe

Naomi Meyer, Trisa Hugo, Mashi Sauls, Sonja Paulse, Rosa Lombaard, Theo Kemp 2021-02-02 Is inentings die antwoord? Hoe voel jou gemeenskap in hierdie tyd oor COVID-19? Wie dra nog maskers? Naomi Meyer het ’n paar lesers in hierdie tyd oor hul ervarings van COVID-19 gevra.  

"Kyk na my": die beeldvorming van Nataniël

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen 2021-02-03 "Terwyl sy artistieke (self)beeldvorming sy seksualiteit tegelyk beklemtoon en onderspeel, word hy in sekere kringe as ’n gay-ikoon gesien. Nietemin fokus sy vertellings en lirieke nie op homoërotiek as oorkoepelende tema nie, maar eerder op andersheid."  

Hugenote aan die Kaap deur Philippa van Aardt en Elain Ridge: ’n resensie

Christo Viljoen 2021-01-21 "Die boek is die resultaat van omvattende navorsing en kritiese analise, sonder ophemeling en idealisering, en vertel van die ontstaan en vervolging van die Hugenote in Frankryk, die oortog en vestiging van net meer as 300 van hulle aan die Kaap van Goeie Hoop, en hul wortelskiet in ’n nuwe vaderland."  

Prisoner 913 – the release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet: A reader impression

Barend van der Merwe 2021-01-21 "Prisoner 913 is a wonderful book and definitely worth the read, and it will be of particular interest to serious scholars of history and cognate disciplines, particularly as it contains archival material that has not been published before."  

Van kleefband na fopnuus

Freek Robinson 2021-01-20 "Hierdie Januarie 45 jaar gelede het televisie in Suid-Afrika begin. En nou staan ons op die drempel van ’n nuwe era waar TV soos ons dit geken het daardie tyd, sal verdwyn."  

Staatsgreeppoging in Amerika: pateties maar belangrik

Jan-Jan Joubert 2021-01-12 "Navorsing toon dit is families wat al geslagte lank in die land is en dikwels redelik min akademiese opleiding het, en wat stadigaan relatief armer word namate die ekonomie oorskakel van industriële vervaardiging na ’n globale kennis-ekonomie, en ’n vloedgolf immigrante die land binnekom."  

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Awie Badenhorst, Izak de Vries 2021-01-12 "Entstowwe, of vaksine, om die wetenskaplike naam te gebruik, word gewoonlik vervaardig wanneer ’n verswakte weergawe van die virus wat die siektes veroorsaak, in ’n persoon ingespuit word om ’n immuunreaksie te ontlok. Die persoon se eie immuunstelsel vervaardig dan teenliggaampies teen die virus."  

COVID-19: Die kliniese bestuurder van ’n 200-bed-veldhospitaal vertel

Elma de Vries, Izak de Vries 2021-01-07 "Dis ’n vreemde virus hierdie. Met gewone griep sal net 1–2% mense hospitaaltoelating benodig, so 98% kan tuis aansterk. Met COVID-19 is dit anders, met omtrent 14% wat ernstig siek word en tot 5% wat krities siek word en intensiewe sorg mag benodig."  

Reguit met Robinson: A Zoom interview with Glenda Gray

Freek Robinson, Glenda Gray 2021-01-06 What went wrong in South Africa? Freek Robinson interviews paediatrician and president of the Medical Research Council, Glenda Gray.
Verified by MonsterInsights
Top