Frederik de Jager2021-01-06"Deur wat sedertdien gebeur het, het hierdie narratief ’n storie binne ’n groter, algeheel somber storie geword. Ons boek het ingebed geword in wat ander boeke ná die moord vertel het. Dit was soos die skitterende kern van ’n swart ster, ’n gravitasiekolk waarvandaan geen lig ontsnap nie."
Erika Terblanche2021-01-04"Afrikaans beleef ’n tydelike terugslag. Ons kry seer. Ons sal seker nog seerder kry. Maar daar is in dié taal soveel geestelike energie werksaam, dis nie deur politici of ’n regering afskryfbaar nie. Daar moet ’n kentering kom." Lees oor JC Kannemeyer se lewe en werk.
LitNet2020-12-23Daar het hierdie jaar 91 geakkrediteerde artikels met 2 470 bladsye se navorsing in Afrikaans in LitNet Akademies verskyn. Die derde uitgawe van 2020 is nou beskikbaar – lees die artikels gratis op LitNet.
Naomi Meyer, Lorraine van Niekerk, Elmarié Dercksen, Juliana du Toit-Truter2020-12-23Drie vroue in hul veertigs vertel vir Naomi Meyer hul onderskeie stories van hul pad met COVID-19: "Ek is bereid om mense te smeek om die mediese kenners ernstig op te neem."
Izak de Vries2020-12-21"Toe Bob Dylan die Nobelprys vir Letterkunde gewen het, is daar op verskillende forums gesels oor die musiekteks as letterkundige instrument, maar doen ons werklik genoeg om ons liedjieskrywers se bydrae tot ons letterkunde te verreken?"
Willie Breytenbach2020-12-21"Drie vrae is relevant: Wie of wat is die plaaslike bevolking in hierdie gebied? Wie is die nuwe beleggers? En wie of wat is verantwoordelik vir die insurgensie? Die antwoorde is dalk nie so maklik nie."
Melt Myburgh, Louis Jansen van Vuuren2020-12-21"Lag, soos al ons oumas gesê het, is die heel beste antidoot vir styfhoofdigheid en ander hardnekkige nukke. Humor is vir my net so belangrik soos dankie en asseblief."
Bill Nasson2020-12-18"Now running to just over 200 pages, and wearing his immense learning much more lightly, the author’s new Concise history is more of a tapas-trek through the topic than his original pièce de résistance."
Marietjie Warrington2020-12-15"Met ingang van 2021 is COVID-19 steeds met ons. Selfs ’n tweede vlaag word nou ’n werklikheid. Meyer sê die impak hiervan op die ekonomie sal ’n lang u-vorm aanneem."
Desmond Painter2020-12-10"Dit is ’n boek wat nie bloot óór onderdrukte groepe handel nie, maar vír hulle geskryf is. Dit is ’n strydskrif vir ’n simboliese oorlog, ’n roetekaart na ’n Suid-Afrika wat nie deur ’1652’ en alles wat dit simboliseer, gedefinieer sal word nie."
Izak de Vries2020-12-10"Die konserwatiewe redakteurs uit sy jong dae was soms openlik teen Obama se ideale gekant, maar hulle het die waarheid nagejaag. Vandag kan almal hulle selfone gebruik om op webruimtes te kuier waar die waarheid nie meer saak maak nie."
Frederik de Jager2020-12-08"Die skepper van Evita Bezuidenhout en haar hele narrehok van ’n familie kon homself voor jou oë in Pik Botha en PW Botha en Piet Koornhof omtower, so werklik soos gedaantes in die Viewmaster. Maar Pieter-Dirk Uys het miskien sy hoogste prestasie in oëverblindery behaal deur homself, gestroop van al hierdie karakters, onsigbaar te maak. […]
Willie Breytenbach2020-12-03"Dis nog lank voordat alternatiewes soos kernkrag, waterkrag, windkrag en skaliekrag beduidende invloede op die petrolbedryf in state soos Angola en Nigerië sal hê."
Helena Opperman2020-12-03"Op ons Oktober 2020-koronareis van Lusaka na Dar es Salaam onthou ek weer hoe gentlemanly gedrag grense kan oorbrug. Wat in normale tye ’n reis van twee en ’n halfuur moes wees, duur 36 en ’n halfuur. Ons bring 27 uur daarvan deur op Nairobi-lughawe, waar reuse-TV’s dag en nag Afrika se sokkerprestasies uitbasuin. Opgekookte […]
Izak de Vries2020-12-03"Die jaarlikse Tuin van Digters, wat gewoonlik so na as moontlik aan die verjaarsdag van Breyten Breytenbach val, is vanjaar weens COVID-19-regulasies uitgeskuif na 27, 28 en 29 November. Die tema van 2020 was ‘grendels, slotte, sleutels’. NP Van Wyk Louw het in sy eerste reël van Tristia, XIVb geskryf: ‘Slotreëls is altyd sleutels meer as […]
Jannie Rossouw2020-11-25"Terwyl Trump dikwels die indruk skep dat internasionale handel ’n nulsom-spel tot nadeel van die VSA is, verstaan Biden dat internasionale handel tot voordeel van alle deelnemers strek. Op grond van hierdie verskil in uitgangspunt sal ’n Biden-administrasie vir Suid-Afrika tot groter voordeel wees as ’n Trump-administrasie."
Frederik de Jager2020-11-24"Ek het baie saam met kollegas en skrywers om ’n tafel gesit vir ’n ideestorm om ’n titel vir ’n boek te vind. Die reël is: Jy sê alles wat in jou kop kom en iemand skryf alles neer."
Ons gebruik koekies om seker te maak dat ons webwerf effektief werk. Stem jy in tot die gebruik van koekies as jy ons webwerf besoek?JaNeeKoekiebeleid