Nu op LitNet

Agter die skerms met Barack Obama se megatreffer

Melt Myburgh 2020-11-20 "Die boek word, net soos in die geval van Becoming, in Suid-Afrika gedruk. Om plaaslik te druk is goedkoper en dit skakel hoofbrekens met die verskeping van voorraad uit. Boonop verskaf dit ’n stewige finansiële inspuiting aan die Suid-Afrikaanse drukkersbedryf."  

Die buigsaamheid van demokratiese verkiesings in Afrika: Manipulasie in belang van faksiebeskerming of mensgerigte veiligheid?

Andreas Velthuizen 2020-11-23 "Hiermee word voorsien dat neigings tot oligargiese diktatuur in Afrika sal voortduur en die openbare ruimte waarskynlik toenemend deur ’n politieke heersersklas oorheers gaan word. Hierdie nuwe politieke klas sal waarskynlik materiële rykdom vir hulself nastreef terwyl die veelvlakkige ongelykhede wat in Afrikasamelewings bestaan, nie suksesvol aangepak gaan word nie."  

The Madibaland World Literary Festival: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David 2020-11-19 "We may be divided by oceans. We may be divided by time zones, and circumstances, and more. But we are linked by stories, by our desire to dialogue – and I think this festival will be the perfect chance to celebrate that."  

Johann Beukes: Afrikaans die soepelste taal vir filosofie

Melt Myburgh, Johann Beukes 2020-11-12 "Afrikaans is vir my so mooi, want dit het met grammatikale oorbodighede weggedoen. Juis daarom werk die taal so goed in en vir filosofie, waar gestroopte formulering wesenlik belangrik is in meervoudige stellinge."  

Nostalgie

Johann Rossouw 2020-11-13 "Wat besinnende nostalgie egter nie kan doen nie, is om die verliese van die verlede ongedaan te maak. Want dit is, soos die titel van die tweede album van een van Afrikaans se groot eietydse meesters van besinnende nostalgie, Gert Vlok Nel, sê: Onherroeplik."  

VSA-verkiesing 2020: Doodsake

Rita Barnard 2020-11-10 "Met Biden se oorwinning ... kan meer mense weer asemhaal, gedagtes ’n bietjie laat swewe, minder bekommerd voel oor watter vulgêre spoggery, onnoselheid, krasheid, gemeenheid, of aanslag op demokratiese grondreëls ons daagliks gaan tref."  

Skoon wasgoed: Poskaarte van ver af

Frederik de Jager 2020-11-05 "Ek onthou dat ek Foxtrot iewers beskryf het as ’n liefdesbrief aan Afrikaans van ’n ver land af. Postcards from the edge, wil mens amper sê. Poskaarte en briewe is wat jy skryf wanneer jy nie in die vlees teenwoordig kan wees nie."

Gesprekke met ontvangers van die R350-COVID-19-verligtingstoelaag

Cliffordene Norton 2020-11-05 "Wat is die waarde van R350? Vir die meeste mense is dit nie genoeg vir ’n week se kruideniersware nie, maar vir duisende Suid-Afrikaners was die spesiale COVID-19-toelaag van R350 hul enigste inkomste."  

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Arrie Rossouw

Freek Robinson, Arrie Rossouw 2020-11-05 ’n Verkiesing met die grootste stempersentasie in meer as ’n eeu. Strawwe mededinging met dreigende regstappe deur ’n omgekrapte Trump. Trump het hom voortydig as die wenner verklaar te midde van die COVID-pandemie, wat die VSA erg getref het. Freek Robinson gesels met oudredakteur Arrie Rossouw.  

Kwarantynketting: "Los gedagtes terwyl jy wag dat ’n tsunami oor jou breek" deur Marita van der Vyver

Marita van der Vyver 2020-10-30 "By die huis moet ek my dogter bel om vir haar te sê dat ek nie Parys toe kan kom om haar 21ste verjaardag oor ’n maand saam met haar te vier nie, want ons gaan heel waarskynlik nog ingeperk wees."  

China, die Gordel-en-pad-inisiatief, COVID-19 en demokrasie in Afrika

Willie Breytenbach 2020-10-29 "Ondermyn of bevorder die Gordel-en-pad-inisiatief die kontinentale vryheidsprojek in Afrika?"  

Sosiale media en die Afrikaanse leefwêreld uit ’n navorsingsoogpunt

Burgert A Senekal 2020-10-30 Burgert Senekal deel ’n paar gedagtes oor wat met sosialemediadata bestudeer kan word, sowel as praktiese wyses hoe dit bestudeer kan word en uitdagings rondom die gebruik van sosialemediadata.  

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg 2020-10-19 "Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en daar was geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."  

Dié twee vroue kan jou gene knip

Elsabé Brits 2020-10-12 "Emmanuelle Charpentier aan die Max Planck-eenheid vir die Wetenskap van Patogene in Berlyn en Jennifer Doudna van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, het dit vir hulle genetieseredigeringstegniek, CRISPR-Cas9, gewen. Wat hulle ontdek het, kan die kode van die lewe herskryf deur onder meer ontslae te raak van kanker en oorerflike siektes."  

China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika

Fanie Herman 2020-10-12 "Die poging van China om lenings aan lande beskikbaar te stel vir die oprigting van infrastruktuur en ekonomieseontwikkelingsprojekte word wyd en syd deur waarnemers gekritiseer. Soos die projekte vorder en lande groter lenings aanvra, begin hulle sukkel om die lenings terug te betaal en val dan in die sogenaamde skuldlokval."  

Ons leef in Suid-Afrika asof ons nie ’n verlede het nie

Anita Jonker 2020-09-24 "Dit het my onkant gevang dat die WVK-verhore weer by my kom spook het toe mediaberigte my laat voel het gewone mense moes nou kies tussen Black Lives Matter en weerlose mense wat op plase vermoor word."  

My octopus teacher: ’n filmresensie

Leon van Nierop 2020-09-29 "Vergeet eentonige dokumentêre met pratende koppe oor vervelige onderwerpe. My octopus teacher op Netflix is een van daardie ervarings waaruit jy leer en wat jou verryk."  

Refentse se Wandel in my woning: ’n onderhoud

Maryke Roberts, Refentse Morake 2020-09-29 "Ek glo nie aan doelwitte nie, want dit het beperkings. Ek glo dat jy in jouself moet belê en dinge sal gebeur."

Kaapse langarmmusiek

Handré Brand 2020-09-16 "Hierdie artikel handel hoofsaaklik oor die skrywer se siening en belewenis van en waardering vir die Kaapse langarmmusiekstyl."  

Suid-Afrika by ’n kantelpunt – ’n slegte-saak-scenario?

André Duvenhage 2020-09-14 "Selfs met leierskap wat hervormingsgesind is, is die kragte te groot en omvangryk om te stabiliseer. Die stelsel is so sensitief gebalanseer dat selfs kleiner kragte of snellers die groter orde fundamenteel kan verander en binne die verband van chaotiese stelsels ’n bykans 'skoenlapper-effek' kan veroorsaak."  
Verified by MonsterInsights
Top