Annari van der Merwe2020-07-09"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n […]
Bill Nasson2020-07-01"As with us, and those who preceded us, the time will come to face those perennial and large historical questions – who and what are we as a country and a nation? What have we been? Where are we heading?"
Jean Oosthuizen2020-07-02"Hierdie nuwe gees om meertaligheid te dryf moet volgens Steenkamp verwelkom word. Hy sê mense moet besef Afrikaans is ook ’n inheemse taal en nie ’n oorblyfsel van kolonialisme nie."
Annél Otto, Else Boekkooi2020-07-02"Die doel van hierdie artikel is om aan te toon watter rol 17de-eeuse Nederlandse seemanstaal (en daarmee saam handelstaal) gespeel het in die totstandkoming van die Afrikaanse leksikon, meer spesifiek betreffende vaste uitdrukkings wat met die seetema verband hou."
Marli van Eeden, Lizette Rabe2020-06-25“Fopnuus vind vrugbare aarde in tye van onsekerheid. En watter groter onsekerheid as die huidige wás daar al in ons heugenis? ’n Pandemie wat lei tot ’n ‘info-demie’. Dié faktor van onsekerheid gepaard met ‘n ander element, tegnologie, beteken fopnuus gedy.”
Frederik Rudolph van Dyk2020-06-24"Die aanlyn massas is blykbaar onder die indruk dat die blote uitroep van ’n ideologiekritiese begrip die oordeel finaal vel, so asof die verbaliteit daarvan ’n magiese spreuk is wat die realiteit afskaaf om binne die spreker se vooropgestelde gevolgtrekking te pas. Dit roep as’t ware die beeld op van karakters uit die Harry Potter-reeks, […]
Handré Brand2020-06-24"Die pad vorentoe vir Mosambiek en die impak van Islamitiese radikalisering op sy noordelike gebiede is beslis nie ’n kwessie van maanskyn en rose nie. Die vraagstuk is gegrond in die interaksie van komplekse maatskaplike, ekonomiese, politieke en ideologiese faktore."
Jean Meiring2020-06-23"Die stories wat woorde en name onderspan, duik dikwels in verrassende ruimtes op. Tog ’n vreemde toeval dat Christian Cooper wat op 25 Mei vanjaar deur die Kanadese vrou Amy Cooper in die stad New York se Central Park in ’n onderonsie ingetrek is, dieselfde van as sy het."
Koos Holtzhausen2020-06-23"Met die inperkingstyd het die Metropolitan sedert 16 Maart 2020 in ’n grootse gebaar van hierdie opnames op die internet beskikbaargestel. Elke dag word ’n ander opera vertoon. Die films het ook byskrifte in Engels wat dit makliker maak om die storielyn te volg."
Amanda Botha2020-06-18"Uit my talle notas soek ek nou na die essensie van haar menswees wat ek geken het. Met die lees van my notas hoor ek hoe sy praat, ken ek haar gesigsuitdrukking en houding, hoor ek hoe sy woorde beklemtoon. Vir my dus nou ’n gesprek van herinneringe."
LitNet2020-06-18Die NP Van Wyk Louw-gedenklesing wat op 18 Junie deur Jeremy Vearey gelewer is, kan hier gekyk word. Die web-lesing is geargiveer en kan enige tyd gekyk word.
Erika Terblanche2017-04-10"Alleen dit: die kind swyg miskien, die skrywer kan nie swyg nie, juis omdat hy skrywer is. Hy kan saam lag, saam huil, hy kan kritiseer, selfs striem; saam juig en saam treur." Lees meer oor NP van Wyk Louw se lewe en werk.
Kris van der Bijl2020-06-15"Racial inequalities are afforded fresh insight, and with the current resurgence of movements like #BlackLivesMatter, books such as Ives’s seem to call louder each day. What better way to delve into South Africa’s socio-political underbelly than with a cup of tea?"
Ena Jansen2020-06-15"Elsa Joubert (1922–2020) was altyd baie spesifiek oor plek – oor waar sy gestap en gereis het, oor Leeukop wat haar laaste uitsig was. Vanoggend wou ek nêrens anders stap as langs haar Oranjezicht-strate nie. Die eerste 4 foto’s is van haar en Klaas Steytler se huis in Bellevuelaan waar sy onder meer Die swerfjare van […]
Olivia M Coetzee, Yvette Abrahams2020-06-15"As djy siek raak kan djy nie hospitaal toe gaan en ’n toets kry nie. Hulle sallie vir jou behandel as djy nie amper dood is nie. Soe wat gaan djy doen? Djy gaan na jou kruievrou, en djy gaan vra, wel, wat het djy?"
Janus van As2020-06-10"Studente neem dus waarskynlik ’n strategiese besluit om aan te pas en Engels as voorkeurtaal vir hul studies te kies. Uit die studente wat die vraelys voltooi het, het 75% gesê dat hulle voorkeurtaal in die loop van die kursus na Engels verander het."
Cliffordene Norton, Lynthia Julius2020-06-11"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie."
Danie van Wyk2020-06-09"Die 'land of the brave and land of the free' is steeds na hóéveel dekades nie die land van die Amerikaanse droom nie. Wat vir sommige ’n droom is, is vir ander ’n nagmerrie."
Frederik Rudolph van Dyk2020-06-04"Vir talle van ons wat in 2015 en 2016 op kampus was, roep die wêreldwye verontwaardiging en woede oor die polisiemoord op George Floyd in die VSA heftige herinneringe op. Een van die tekenendste ooreenkomste tussen nou en toe is die fundamentele kritiek wat die opstande in die VSA bied."
Ons gebruik koekies om seker te maak dat ons webwerf effektief werk. Stem jy in tot die gebruik van koekies as jy ons webwerf besoek?JaNeeKoekiebeleid