President Xi Jinping van China het miljarde rand se bykomende finansiële steun oor die volgende drie jaar aan Afrika belowe om sy land se samewerking in terme van infrastruktuur en handel met die vasteland uit te brei.
Afrika-leiers, onder wie president Cyril Ramaphosa, het die afgelope week ’n vloed ooreenkomste vir groter samewerking met China onderteken.
Ministers van sowel die ANC as die DA in die RNE het hom vergesel op sy tweede staatsbesoek aan China wat Donderdag ten einde geloop het.
Xi Jinping het Donderdag belowe om China se steun regoor die skuldbelaaide Afrika te versterk met befondsing van byna $51 miljard oor drie jaar vir meer infrastruktuurprojekte en die skep van minstens een miljoen werksgeleenthede.
Die nuusagentskap Reuters berig Xi het aan afgevaardigdes van meer as 50 Afrika-lande tydens die driejaarlikse samewerkingberaad tussen China en Afrika gesê sy land is gereed om samewerking met Afrika op die gebied van nywerheid, landbou, infrastruktuur, handel en belegging te versterk.
China's President Xi Jinping announced billions of dollars in financing and new infrastructure projects in Africa at the opening ceremony of the ninth Forum on China-Africa Cooperation Summit https://t.co/XKWdvxVbql pic.twitter.com/qCpOvzPDGO
— Reuters (@Reuters) September 5, 2024
Xi het Donderdag die leiers by die forum se openingseremonie in Beijing se versierde Groot Saal van die Mense toegespreek en die bande met die vasteland bestempel as die “beste tydperk in die geskiedenis”.
“Oor die volgende drie jaar is die Chinese regering bereid om finansiële steun ten bedrae van 360 miljard joean ($50,7 miljard, of R902 miljard) te verskaf,” het Xi gesê.
“China en Afrika is verantwoordelik vir een derde van die wêreldbevolking. Sonder ons modernisering sal daar geen globale modernisering wees nie,” het hy gesê.
China is die wêreld se grootste bilaterale uitlener en het belowe om drie keer meer infrastruktuurprojekte regoor Afrika te finansier.
Ramaphosa het tydens die openingseremonie van die samewerkingsberaad gesê Suid-Afrika verwelkom ook die voorstel van Xi Jinping om China se bilaterale betrekkinge met Afrika-lande wat diplomatieke bande met China het, tot die vlak van strategiese betrekkinge te verhef.
🇿🇦 His Excellency President @CyrilRamaphosa addresses the opening ceremony of the 2024 Forum for China - Africa Cooperation Summit at the Great Hall of the People in Beijing. #FOCAC is a platform established by China and African countries for collective consultation and… pic.twitter.com/S2e2RcNIAK
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) September 5, 2024
“As ons ’n volhoubare toekoms vir Afrika en China en inderdaad die hele wêreld wil verwesenlik, moet ons die realiteit van die interafhanklikheid binne ons gemeenskap van nasies erken.”
Ramaphosa sê China het ’n lang geskiedenis van vriendskap en solidariteit met die mense van Afrika.
“As ons ’n toekoms wil bou wat mensgesentreerd, ontwikkelingsgeoriënteerd en inklusief is, moet ons in ’n gees van samewerking werk,” het Ramaphosa in sy toespraak gesê.
Hy sê hierdie beraad weerspieël die lande se gedeelde begeerte vir modernisering, ontwikkeling en vooruitgang op die Afrika-kontinent.
Die DA-ministers wat Ramaphosa vergesel het, was ook hoog in hulle skik met die verloop van sake.
Die minister van landbou, John Steenhuisen, kon die embargo in die handel met China van suiwel, wol en beesvleisuitvoer laat ophef. China is die wêreld se tweede grootste ekonomie, en die fasilitering van hierdie uitvoere na China bied ’n beduidende groeigeleentheid vir Suid-Afrika, het Steenhuisen gesê.
🌱 Minister of Agriculture, the DA’s John Steenhuisen MP, has unblocked trade with China of dairy, greasy wool and beef exports. China is the world's second biggest economy, and facilitating these exports into China presents a significant growth opportunity for SA. pic.twitter.com/bHzJuWXIEw
— Democratic Alliance (@Our_DA) September 3, 2024
Steenhuisen was ook op Bloomberg TV om Suid-Afrika se handelsverhouding met China te bespreek en het verduidelik hoe hy die mandjie goedere wat Suid-Afrika aan die Chinese mark verskaf, wil uitbrei.
I was on Bloomberg TV earlier today to discuss our trade relationship with China as we look to expand the basket of goods that South Africa provides to the Chinese market. 🇿🇦🇨🇳 pic.twitter.com/JLp17t1cM6
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) September 4, 2024
Suid-Afrika voer jaarliks 180 000 ton sitrus uit na China, wat die land se grootste sitrusuitvoermark is. Steenhuisen het op X gesê dit was vir hom ’n groot eer om Justin Chadwick, uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, te ontmoet om sitrusuitvoere eksponensieel te vermeerder. “Dit is die regering van nasionale eenheid in aksie!” het Steenhuisen op X gesê.
South Africa exports 180,000 tonnes of citrus to China annually, our biggest citrus export market. It’s a great honour to meet Justin Chadwick, CEO of the Citrus Grower’s Association, to increase the number of citrus exports exponentially. This is the GNU in action! 🔥 pic.twitter.com/jNfyOGnXcM
— John Steenhuisen MP (@jsteenhuisen) September 3, 2024
Die ander DA-minister wat Ramaphosa vergesel het, die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, was ook in sy skik met die besoek.
Hy was deel van die samesprekings oor hoe die twee lande beter kan saamwerk aan groter ekonomiese groei in Suid-Afrika. Hy was ook deel van ’n gesprek met Chinese beleggers en Suid-Afrikaanse besighede om groter buitelandse beleggings te lok.
Busy day for Team South Africa in Beijing as we participate in the Forum on China-Africa Cooperation (FOCAC) alongside 52 African countries. The GNU is moving! #LetsBuildSA#SAinChina 🇿🇦🇨🇳 pic.twitter.com/WBGtcGJKkN
— Dean Macpherson MP (@DeanMacpherson) September 5, 2024