Suid-Afrika se ekonomie het verlede jaar ’n dramatiese inkrimping getoon, maar kon bo verwagting daarin slaag om die laaste kwartaal van verlede jaar met 1,5 persent te groei.
Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag die ekonomiese groeikoers vir die laaste kwartaal bekendgemaak, sowel as die oorhoofse Bruto Binnelandse Produk- (BBP-) syfer vir 2020.
Die knou wat die inperkings die land se ekonomie toegedien het, het die grootste ekonomiese inkrimping sedert 1920 tot gevolg gehad. Dit was egter kleiner as wat die Reserwebank in Januarie voorspel het tydens verlede maand se begroting.
[Thread]
The South Africa #economy grew by 1,5% in Q4:2020, giving an annualised growth rate of 6,3%.#StatsSA #GDP pic.twitter.com/LlTz2Nnssu— Stats SA (@StatsSA) March 9, 2021
Die land se BBP-syfer het verlede jaar in vergelyking met die vorige jaar met sewe persent gekrimp. Volgens Statistieke Suid-Afrika is huishoudelike uitgawes en uitvoere die grootse bydraers tot groei, tesame met hoër besteding aan goedere, dienste en indiensneming deur die staat.
Agt van die tien sektore het in die vierde kwartaal positiewe bydraes getoon. Die vervaardigingsektor is aangedryf deur verhoogde produksie in die voedsel-, drank- en motorbedrywe. Die handelsektor is aangedryf deur die klein- en motorhandel, asook spyseniering en akkommodasie.
Daar was egter ’n afname in ekonomiese bedrywighede in die myn- en finansiële sektore, asook eiendom- en sakedienste. Die positiewe groei in die derde en vierde kwartale van 2020 was egter nie genoeg om die vernietigende impak in die tweede kwartaal teen te werk toe streng inperkingsmaatreëls van krag was nie.

Dié syfers weerspieël volgens ekonome die ware omvang van die uitwerking wat die COVID-19-maatreëls op die land se ekonomie het.
Die vlak 5-inperkings het tot ’n daling van 51 persentasiepunte in die ekonomiese aktiwiteite in die tweede kwartaal van die jaar gelei. Die ekonoom Mike Schussler het volgens die SAUK gesê die syfers toon dat die ekonomie begin herstel het toe daar begin is om inperkingsmaatreëls in die derde kwartaal te verslap.
Schussler sê meer sal egter gedoen moet word. Hy sê ander ontwikkelende ekonomieë groei vinniger as Suid-Afrika en meer hervormings is nodig om die ekonomie vryer te maak.
Die Sondagkoerant Rapport het die naweek berig sommige ekonome voorspel Suid-Afrika se ekonomiese herstel is voor die deur. Volgens die voorspelling van die Old Mutual Investment Group (OMIG) se hoofekonoom, Johann Els, kan die land se ekonomie vanjaar met enigiets tussen 2,8 persent en vyf persent groei as ’n paar dinge reg verloop.
Die enigste twee bedrywe wat verlede jaar volgens Statistieke SA positief gegroei het vergeleke met 2019, was landbou en die staatsdiens, wat onderskeidelik 13,1 persent en 0,7 persent groei getoon het.
Moneyweb berig dat die ekonomie waarskynlik eers in 2024 kan terugkeer tot waar dit in 2019 was. Sake word vererger deur ’n tekort aan behoorlike kragtoevoer wat beurtkrag tot gevolg het asook trae ekonomiese hervorming, meen ekonome.
Die ekonomiese groei in die laaste kwartaal van verlede jaar was egter beter as wat die meeste ekonome voorspel het.
Intussen het president Cyril Ramaphosa Dinsdag weer ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om plaaslik-vervaardigde goedere te koop. Ramaphosa sê die regering moet ook meer doen om uitvoere van produkte en dienste te bewerkstellig.
Hy sê die klere-, tekstiel-, skoen- en leersektore het ’n halfmiljard rand bewillig vir die uitbreiding van fabrieke om produkte plaaslik te vervaardig.
“Kom ons omhels die feit dat local inderdaad lekker is,” het die President gesê.
We urge everyone to visit the Expo to find out what the country has to offer and to become part of the Buy Local movement.
Let us all embrace the truth that local is indeed lekker.
#BuyLocal 🇿🇦https://t.co/yf8ri0cfR1— Cyril Ramaphosa 🇿🇦 #StaySafe (@CyrilRamaphosa) March 9, 2021
Ramaphosa het by ’n beraad van Trots Suid-Afrikaans gesê sommige sektore het ’n halfmiljard rand bewillig vir fabrieksuitbreiding om produkte plaaslik te vervaardig. Hy sê in die suikerbedryf het die regering die onderneming van plaaslike koeldrankvervaardigers gekry om 80 persent van die suiker wat nodig is, van plaaslike produsente, insluitend kleinboere, te bekom.