Die Demokratiese Alliansie (DA) het gister (Donderdag) hofstukke ingedien om die goedkeuring van die fiskale raamwerk vir die 2025-begroting te betwis, terwyl die EFF ook aangedui het hulle regspan oorweeg dit om die kwessie in die hof te betwis.
Beide partye wil hê dat die hof die goedkeuring van die fiskale raamwerk ongeldig moet verklaar. Die DA het hulle hofstukke by die Wes-Kaapse Hooggeregshof beteken om die hele 2025/26-begroting te laat hersien, terwyl die EFF nog hul presiese regsaksie finaliseer.
Dit volg ná die Nasionale Vergadering se stemming Woensdag (2 April 2025), waar die raamwerk met 194 stemme teen 182 goedgekeur is.
Die DA sê in ’n verklaring dit is ondenkbaar dat ActionSA hierdie sogenaamde BTW-verhoging op ’n skinkbord aan die ANC oorhandig het, en dit is beide onwettig en ongrondwetlik hoe die parlement die begroting hanteer.
🚨 The DA has filed court papers to stop SARS from implementing the ANC’s VAT hike on 1 May! This budget was pushed through unlawfully without proper oversight. We’re here today to fight back for South Africans!
📺 Tune in now: https://t.co/2Tp6vWH67J#DApresser pic.twitter.com/U7DWiM2MLh
— Democratic Alliance (@Our_DA) April 3, 2025
Dinsdag se sitting van die parlement se finansiële komitee het volgens die DA nie aan die staande reëls van die parlement voldoen nie, deurdat die fiskale raamwerk nie aan die komitee voorgelê is om goed te keur of te verwerp nie, en een voorstel tydens die vergadering van een politieke party aanvaar en daaroor besluit is sonder dat die ander voorgestelde wysigings oorweeg is.
Die DA se hofuitdaging berus op twee sleutelgronde:
- Die DA daag die prosedure van die finansiële komitee op 1 April 2025 uit om die fiskale raamwerk te oorweeg en goed te keur.
- Die party betwis die grondwetlikheid van sekere inkomste-invorderings- en uitgawemaatreëls wat bindend word deur slegs ’n toespraak deur die minister van finansies, sonder dat die parlement dit hoef te oorweeg, daaroor toesig te hou of dit goed te keur.
Die hoof van die DA se federale raad, Helen Zille, sê hulle vra ook vir ’n interdik om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te keer om die BTW-verhoging op 1 Mei te implementeer.
"We're seeking an interdict to stop SARS from implementing the VAT hike on 1 May" - @helenzille
Our court bid challenges Parliament's flawed adoption of the Fiscal Framework and the constitutionality of the Finance Minister's unchecked power to raise VAT: https://t.co/xggcveMRAc pic.twitter.com/LUVRkqhp9W
— Democratic Alliance (@Our_DA) April 3, 2025
Die EFF stem saam dat die proses onwettig was. Hulle argumenteer dat die finansiële komitee nie die fiskale raamwerk en inkomstevoorstelle formeel goedgekeur of gewysig het soos die wet vereis nie. EFF-woordvoerder Sinawo Thambo het gesê die aanvaarding van ActionSA se “aanbeveling” om BTW binne 30 dae met alternatiewe inkomste te vervang, is politieke maneuvrering en nie wetlik bindend nie.
EFF Statement On The Adoption Of The 2025 Fiscal Framework and Revenue Bills.
What transpired in Parliament today is not only a violation of procedure, but a political crisis that has laid bare the fragility and incoherence of the GNU.#EFFInParliament pic.twitter.com/ILpNcWMemU
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) April 2, 2025
ActionSA en die ANC het met die aanvaarding van die sogenaamde BTW-begroting en die steun van die IVP, PA, GOOD, Rise Mzansi, UDM, PAC, AlJamah en Bosa gesamentlik gekies om die lewe vir Suid-Afrikaners duurder te maak, sê die DA in hulle verklaring.
Die EFF het foto’s op X geplaas van al die partye wat saam met die ANC gestem het en sê die kiesers moet hulle gesigte en name onthou.
Remember their faces and names!!!
These are the people who voted in favour of the ANC VAT increases today in parliament.#RememberTheSellouts pic.twitter.com/wtHZhEmzk6— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) April 2, 2025
As die DA en/of EFF se mosie in die hof slaag, sal die fiskale raamwerk en die begroting moontlik nietig verklaar word, wat beteken die parlement moet die proses oor begin. Dit kan die begrotingsiklus, wat op 1 Mei 2025 in werking sou tree, vertraag.
Die beplande 0,5%-BTW-verhoging, wat lewenskoste sal verhoog, kan tydelik of permanent gestop word, afhangende van die hof se uitspraak en hoe die parlement reageer.
In die RNE is die verhouding tussen die ANC en DA is reeds broos ná hierdie begrotingsgeskil. ’n Suksesvolle hofuitdaging kan die DA se posisie in die RNE verder verswak, of selfs lei tot hul uittrede, wat die ANC sal dwing om nuwe alliansies (bv met die EFF of MK) te soek.
Die rand het reeds verswak weens die begrotingsonrus. ’n Verlenging van hierdie onsekerheid kan beleggersvertroue verder skud, veral met Suid-Afrika se hoë skuldlas (74% van BBP) en begrotingstekort (4,6% vir 2025/26).
As die hof die DA en EFF se aansoeke afkeur, sal die begroting voortgaan soos beplan, met die ANC en ActionSA se ooreenkoms om binne 30 dae alternatiewe inkomste vir die BTW-verhoging te vind.
ActionSA se parlementêre leier, Athol Trollip, het Donderdag beweer sy party is steeds teen enige BTW-verhoging gekant.
⛔️ "We oppose any VAT increase. We oppose tax creep."
ActionSA Parliamentary Leader @AtholT MP highlights our clear stance on holding the ANC accountable over VAT increases and wasteful government spending.#BudgetSpeech2025 pic.twitter.com/yhJ7bmi9Yk
— ActionSA (@Action4SA) April 3, 2025
Sommige analiste meen die DA en EFF het ’n sterk saak oor prosedurele onreëlmatighede, maar ander sê die hof mag dit as ’n interne parlementêre kwessie sien en nie ingryp nie. Dit hang af van hoe die regters die Money Bills Act en die Grondwet interpreteer.