Die DA se beleidshoof, Gwen Ngwenya (30), weier om op sleeptou geneem te word nadat ’n swart persoon haar op Twitter as ’n bobbejaan uitgekryt en haar die k-woord toegesnou het. Sy sê sy oorweeg ook nie om dié persoon hof toe te sleep nie.
Foto: YouTube
Ngwenya het verlede jaar teruggekeer as beleidshoof van die DA, kort nadat ernstige woelinge onder die party se leierskap geheers het. Die woelinge het onder andere gelei tot die bedanking van Mmusi Maimane as partyleier, en die verkiesing van die DA se oud-leier, die vuurvreter politikus Helen Zille, as voorsitter van die party se Federale Raad. Maimane het ook as lid van die DA bedank.
Volgens Ngwenya stel sy nie daarin belang om deel te neem aan ’n rassetwis nie, omdat sy “gedesensitiseer” is. Sy sê dit gebeur wanneer diegene wat nie in staat is om ’n behoorlike argument te voer nie, jou die k-woord en ander beledigings toesnou. Sy sê diegene wat haar so uitskel, moet toegelaat word om dit te doen. ’n Oorwinning in die hof beteken vir haar minder as die oorwinning wat sy elke dag behaal deur net haarself te wees, het sy op Twitter gesê.
Why don’t I join social media outrage? I’m desensitized- happens when those who can’t form an argument call you a kaffir, house negro etc often. Will I ever go to court? No. They should be able to say it. Plus what’s a legal victory compared to the one I win everyday by being me. https://t.co/Gkv8wo6fDa
— Gwen Ngwenya (@GwenNgwenya) January 6, 2020
Zille het in reaksie op Ngwenya se stelling haar wens getwiet om ook oor soveel kalmte te beskik, maar bevraagteken of sulke neerhalende taal geduld moet word. Sy meen dat stilswye hieroor ’n mens maklik aandadig kan maak aan die soort taal wat mens net van sommige mense verwag. Iemand anders het bygevoeg dat swart mense wat sulke uitlatings maak, ook vir rassisme aangekla moet word.
Uiteenlopende reaksies het daarna gevolg op Ngwenya se twiet dat, al haat sy dit nie, sy nie noodwendig trots daarop is om ’n swart vrou te wees nie. Die meeste reaksies het Ngwenya se kalmte geprys, waar ander haar kwalik geneem het vir ’n gebrek aan trots op haar herkoms.
“Dit is die omstandighede van my geboorte, dis nie asof ek dit gekies het nie. Ek is trots op alles waarvoor ek hard gewerk het, op alles waarin ek moeite belê het. Persoonlik voel ek dat trots ’n vreemde woord is om te gebruik in die konteks van onveranderbare omstandighede.”
I am neither proud nor hate being ‘black’ or a ‘woman’. These are circumstances of birth. It’s not like I chose it. I am proud of things I work hard for or put some investment in or effort. Pride is a weird word for me personally to use in relation to immutable characteristics. https://t.co/fEefLNIB4X
— Gwen Ngwenya (@GwenNgwenya) January 4, 2020
Sy is vroeër ook gekritiseer omdat sy weier om haar ras te verklaar wanneer sy ’n vorm moet invul. Volgens haar verkies sy om glad nie sulke vorms te voltooi nie. As sy móét, dan kies sy sommer die eerste en beste blokkie.
“Ek moes ’n vorm by die bank invul en het ‘Indiër’ afgemerk,” het sy getwiet. “Ons het nie meer nodig om ons eie potloodtoetse te doen soos ’n gehoorsame apartheid-student nie,” het sy haar weersin oor hedendaagse rasseklassifikasievorms verwoord.
Die term “potloodtoets” verwys na een van die metodes waarvolgens mense se sogenaamde ras gedurende die apartheidsjare geklassifiseer is. ’n Potlood is soms in die persoon se hare geplaas om vas te stel tot watter mate die persoon se hare van ’n “Afrika-tekstuur” was. As die potlood uitgeval het, is die persoon dikwels as bruin geklassifiseer. As die potlood in die hare vasgesit het, is die persoon geklassifiseer as swart.
I filled in a form at the bank and ticked ‘Indian’, banker looked at me. In the end she said nothing. I wave my pen without looking and tick what it lands on. When I can I leave it blank. We don’t have to be our own pencil test, self classifying like obedient apartheid students.
— Gwen Ngwenya (@GwenNgwenya) January 4, 2020
Ngwenya is bekend vir haar teenkanting teen enige rasgebaseerde beleid, insluitende regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.
Sommige mense wou by haar weet of ’n mens nie in die moeilikheid kan beland as hulle doelbewus die verkeerde blokkie aftik wanneer daar gevra word om jou sogenaamde ras aan te dui nie. Ngwenya het mense uitgedaag om dit te doen. Sy sê sy sal sulke mense help indien daar probleme is.
“Dit behoort ’n interessante saak te wees as iemand aangekla word daarvoor, maar ek vermoed hulle sal dit bloot op die vorm verander as jy nie kyk nie, want tragies genoeg is baie besighede steeds behep met rasseklassifikasie,” het sy gesê.
Buro: IGI get the logic, but wouldn't this be putting you at risk of a material non-disclosure?
Curious to know how this would work to in a Credit/Insurance Agreement.
It would be beneficial for me to tick white woman in an Insurance Agreement.
— Manny (@Golf_Manny) January 4, 2020