In ’n saak wat beskryf word as ’n historiese toets vir grondhervorming in Suid-Afrika, is die Stad Ekurhuleni se onteiening van ’n 34 hektaar-eiendom sonder vergoeding nou op pad na die hof.
Die ANC-beheerde Ekurhuleni-metroraad (oostelike Johannesburg) in Gauteng het die stuk grond van die plaas Driefontein sonder vergoeding onteien.
Die grond is onteien op grond daarvan dat dit “in die openbare belang” was. Die voormalige uitvoerende burgemeester van Ekurhuleni, Mzwandile Masina (nou ’n ANC-NUK-lid en portefeuljevoorsitter), het gesê hulle doen dit om “die grense van artikel 25 van die Grondwet te toets”.
Die organisasie Sakeliga sê op hulle webwerf indien markverwante vergoeding nie herstel word nie, sal die saak ’n ekonomiese, politieke en maatskaplike krisis in Suid-Afrika ontketen.
🔴 BREAKING: SA's first case of expropriation without compensation for "social housing" is heading to court.
The City of Ekurhuleni expropriated a development property worth millions and paid "nil" (zero, R0.00) compensation.
Here's the details 🧵 pic.twitter.com/A3AS5cii53
— Sakeliga (@Sakeliga) September 21, 2025
“Ses jaar ná die aanvanklike kennisgewing van onteiening in Februarie 2019 is die saak nou geskeduleer vir hofvoorgeskrewe mediasie in Oktober en ’n 18 dae lange verhoor in Februarie 2026, omdat die metroraad steeds weier om enige vergoeding te betaal. Ten tye van die onteiening het die eienaar aansoek gedoen vir ontwikkelingsregte en die eiendom is op minstens R30 miljoen gewaardeer, met onafhanklike waardasies sedertdien tot so hoog as R64 miljoen.”
Die hofproses vorder volgens Sakeliga stadig, maar seker. Mediasie is vasgestel vir 31 Oktober 2025 in die Gautengse Hooggeregshof, gevolg deur ’n volle verhoor in Februarie 2026. Die eienaar het glo al miljoene bestee aan regskoste, verlore ontwikkelingsgeleenthede en bestuurstyd, terwyl die stad drie kostebevele teen hulle ontvang het sonder om te betaal.
Sakeliga sê hierdie vertragings beklemtoon die stad se strategie om eers besit te neem en dan die eienaar met litigasie op te saal.
Standpunte verskil egter skerp. Die Stad Ekurhuleni verdedig hul optrede as noodsaaklik vir sosiale geregtigheid. “Die armes het huise nodig,” het hulle in hofstukke verklaar, en argumenteer dat die openbare belang private regte oortref.
Hulle beweer die eienaar het geen finansiële verlies gely nie, aangesien die grond vir spekulatiewe doeleindes gehou is, en dat markwaarde irrelevant is in die lig van grondloosheid en onmenslike lewensomstandighede in informele nedersettings.
Senior ANC-lede, insluitend die reeds genoemde voormalige burgemeester Mzwandile Masina, ondersteun dit as ’n toets vir grondhervorming.
Aan die ander kant waarsku Sakeliga, ’n sakedrukgroep wat die eienaar ondersteun, dat dit ’n “ekonomiese, politieke en maatskaplike krisis” skep. Hulle uitvoerende hoof, Piet le Roux, noem dit “ground zero” en vergelyk dit met ’n “Zimbabwe-trajek” wat beleggings kan afskrik. Hy sê hulle monitor die saak vir breër litigasie teen die 2024-wet en het partye soos die DA, VF Plus en IFP (wat teen die wet gestem het) uitgenooi vir besprekings. Sakeliga het ook buitelandse ambassades, insluitend dié van die VSA, gewaarsku, veral in die lig van ’n Februarie 2025- uitvoerende bevel, oor Suid-Afrika se optrede.
Die DA sê in ’n verklaring hulle veroordeel ten sterkste die besluit van die ANC-beheerde Stad Ekurhuleni om private grond te onteien sonder om ’n sent in vergoeding te betaal.
“Alhoewel ons verstaan dat daar uitstaande munisipale belasting is wat die eienaars moet betaal, regverdig dit geensins die stad se onwettige en ongrondwetlike poging om privaat eiendom sonder vergoeding te konfiskeer nie. Wetlike verpligtinge rakende belasting moet deur behoorlike prosesse afgedwing word, nie deur ’n presedent te skep wat elke eiendom-eienaar in Suid-Afrika bedreig nie,” sê die DA se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp.
Die ANC se steun vir die betrokke stuk grond se onteiening beklemtoon hul verbintenis tot grondhervorming, maar kritici vrees dit kan die RNE verder ondermyn.
https://t.co/Wo1zhCOPLyhttps://t.co/xvQ4CzebShhttps://t.co/f9iF74WLFc
Ye Propaganda you say... https://t.co/vYB5znLB3P = Free in 2025 .. the irony is you think giving government this power will stop at frikkies farm. You are easily fooled, Bought easily with a 2 piece KFC meal
— Clayton de la Porte 🇫🇷✝️➡️🌍🇿🇦 (@crdelport) September 24, 2025
Die implikasies is wyd. Ekonomies kan suksesvolle onteiening sonder vergoeding waardasies van eiendomme laat daal en finansiële markte ontwrig. Polities verhoog dit spanning in die RNE en lok internasionale kritiek, veral van die VSA. Maatskaplik word gevrees dit kan dit onwettige grondbesettings aanmoedig en staatsentiteite uitlok om soortgelyke stappe te doen, wat ’n krisis kan skep.
Hierdie saak is nie net ’n regstryd nie, maar ’n spieël van Suid-Afrika se worsteling met historiese ongelykhede en toekomstige stabiliteit. Die uitkoms kan grondbeleid vir jare vorm, met alle oë op die hof gerig.
[ON AIR] South Africa’s first case of expropriation without compensation for a government housing project is heading to court. Piet le Roux – CEO, @Sakeliga on #TheMorningBrief with Thulasizwe Simelane #sabcnews pic.twitter.com/gGNBx2PQGC
— SAfmRadio 📻 (@SAfmRadio) September 25, 2025
Sakeliga se inskrywing op X daaroor het reeds miljoene bereik en besprekings op platforms soos Newzroom Afrika en BizNews geniet ook groot aandag.
