Ervaar België in Kaapstad op 14 November

  • 0

Foto’s verskaf.

Die Belgiese Kamer van Koophandel reël ’n fees sodat Suid-Afrikaners kan proe hoe België smaak.

Op Saterdag 14 November word die hekke van die Belgiese Residensie in Nuweland, Kaapstad, oopgemaak vir die publiek om “a taste of Belgium” te ervaar.

Daar sal verskeie stalletjies wees. België is nie verniet die land wat slaptjips opeis as hulle eie uitvinding nie. Belgiese bier, stroopwafels en kaas sal ook te koop wees. Maar daar is meer. Die publiek word genooi om België se kultuur as sodanig te kom ervaar – kos is maar een aspek daarvan.

Die fees word geborg deur die Belgiese konsulaat en AB-InBev.

Die Belgiese Residensie is by Boshoffstraat 29, Nuweland geleë.

Dit is die negende keer dat “A taste of Belgium” aangebied word.

Die Belgiese Kamer van Koophandel se berig is hier te lees.

En die Facebook-blad van A Taste of Belgium is hier te kry.

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top