Die Kaapse middestad voor die COVID-19-pandemie was ’n besige plek. Inwoners opsoek hul eerste koppie koffie, toeriste wat die historiese stad bewonder en by stalletjies stop om aandenkings te koop, en werkers wat hul brood verdien. Nou is die middestad verlate en slegs die historiese geboue (en Tafelberg) hou wag. Hier is ’n paar foto’s wat ek op my oggendstappies geneem het.
Die stad word wakker.
Hallo, Strandstraat.
Geen motors, geen mense … dis stil en rustig.
Die geboue hou wag.
COVID-19-kennisgewings is oral te sien.
Tafelberg, jou mooi ding!
Groentemarkplein sonder die stalletjies en toeriste.
Groentemarkplein – soveel spasie
Die Metodistekerk in Kerkstraat.
St George’s Mall
St George’s Mall: geen mense by die restaurante en koffiewinkels nie.
Walestraat
Ingang tot die Kompanjiestuin.
Bureaustraat
JH Hofmeyr (Onze Jan)-standbeeld op Kerkplein.
Onze Jan-standbeeld op Kerkplein.
Die bekende Adderleystraat
Die blommemark in Adderleystraat sonder die bekende geure en kleure.
Lees ook
Buro: MvH