LitNet-argief: Openingsgeleentheid van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam (foto's)

  • 0

Op Donderdag 11 Februarie 2016 het die Zuid-Afrikahuis aan die Keizersgracht in Amsterdam heropen. Die feestelike heropening het plaasgevind ná ‘n verbouing wat omtrent 18 maande geduur het.

Jan Donner, nou nog voorsitter van die Stichting ZASM en binnekort van Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland, en Bruce Koloane, die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland.

Jan Donner, Bruce Koloane, Namhla Gigaba, politieke raadgewer van die Suid-Afrikaanse ambassade, Den Haag, Guido van den Berg, direkteur Zuid-Afrikahuis

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur Bruce Koloane, Namhla Gigaba, Jan Donner en Eureka Barnard, HUB van SASNEV, in gesprek.

Bun Booyens, redakteur van Die Burger, en Maarten Storm van ‘s Gravesande, voorsitter van die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging

Welkom by die Zuid-Afrikahuis!

Anet Pienaar-Vosloo, Ton Vosloo, voormalige voorsitter van Naspers (wat die verbouing moontlik gemaak het), en die ambassadeur Bruce Koloane

Ton Vosloo, Bruce Koloane, Axel Buyse – algemeen afgevaardigde van de Vlaamse regering in Nederland (en lid van die ZASM-bestuur)

Voorste ry: Anet Pienaar-Vosloo, Ton Vosloo, Namhla Gigaba, Bruce Koloane, Jan Donner. In die tweede ry onder andere Etienne van Heerden en Eureka Barnard. Op die hoek van hierdie selfde ry, voor Guido van den Berg, sit die argitek Theo van Zweeden. In die derde ry onder meer die letterkundige Olf Praamstra, Frank Judo (voorsitter Vlaams-Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting en secretaris Algemeen Nederlands Verbond), Maarten Storm, Gerrit Schutte en Guido van den Berg. In die volgende ry verskyn Ena Jansen, Annelies Verdoolaege van Universiteit Gent, en Ingrid Glorie in die deur, met die oranje baadjie. Langs Ingrid Glorie is Cees Klapwijk van die DBNL, Digitale Bibliotheek van de Nederlandse Literatuur.

Peter Tetteroo, dagvoorsitter en vervaardiger van Navelstreng/Naelstring, 'n dokumentêr wat handel oor Zuid-Afrikahuis, aan die woord.

Guido van den Berg, direkteur van die Zuid-Afrikahuis

Die gehoor word geboei deur die dokumentêr Navelstreng/Naelstring; hier is ‘n fragment met Arnon Grunberg en Lina Spies aan die woord.

Theo van Zweeden, argitek, en Guido van den Berg

Olf Praamstra, Frank Judo, Maarten Storm van ‘s Gravesande en Gerrit Schutte; Schutte kom te hore dat die "tuinhuis" na hom vernoem word.

Jan Donner (ZASM-voorsitter) en Ton Vosloo (voormalige voorsitter van Naspers) verklaar die nuwe Zuid-Afrikahuis amptelik geopen.

Argitek Theo van Zweeden en ZAH-direkteur Guido van den Berg klink 'n glasie op die goeie afloop van die projek.

Een van die historiese kenmerke van dié monumentale gebou is hierdie draairat. Hiermee is eeue lank meubelstukke langs die gewels van die gebou omhoog gehys. Hierdie rat het op 'n sonderlinge wyse deur die eeue bewaar gebly en vorm nou nog deel van die Zuid-Afrikahuis.

Die nuwe leessaal

Carina van der Walt, Ton Vosloo en Willy Martin. Van der Walt en Martin bied Vosloo 'n eksemplaar van hul gesamentlike digbundel Amalgaam aan.

Weer die hysrat

Die gang wat in die ZASM-kamer uitloop

Wanneer die prosedures afgehandel is, word die naam uiteindelik Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland.

Foto's verskaf deur Guido van den Berg

Fotograaf: Gerrit Serné

Fotobyskrifte met dank aan Ingrid Glorie

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top