Opposisiepartye in Suid-Afrika het Dinsdag gejuig oor die Konstitusionele Hof se bevinding dat oudpresident Jacob Zuma sonder die keuse van ’n boete tronk toe gestuur word, terwyl sy ondersteuners woedend op die uitspraak reageer het. Netwerk24 berig dat Zuma is “nou amptelik ’n misdadiger”.
Zuma het vyf dae om hom vrywillig by die polisie in Nkandla of Johannesburg aan te meld om sy tronkstraf uit te dien. Indien hy versuim om dit te doen, moet die nasionale polisiekommissaris en die minister van polisie, Bheki Cele, binne drie dae nadat die vyf dae verstryk het, optree om hom in hegtenis te laat neem.
Cele het reeds aangedui dat die polisie sal optree as Zuma die hof se bevele verontagsaam.
Een van Zuma se getroue ondersteuners, Carl Niehaus, het op Twitter uitgevaar teen die vonnis en gesê dit is totaal onaanvaarbaar. Hy sê dit is Zuma-ondersteuners se revolusionêr-demokratiese reg om hulle verontwaardiging en weerstand teen die vonnis uit te spreek en dat hulle dit onverbloemd sal doen.
Zuma se dogter, Dudu Zuma-Sambudla, het kot na die vonnis gesê sy het met haar pa gepraat en hy verkeer in ’n goeie luim en het geen vrees nie. Sy het op Twitter gesê hulle sal Zuma vergesel om sy tyd in die tronk uit te dien.
Amandla! Just Spoke To My Father, @PresJGZuma Is In High Spirits And Has No Fear. We Have A Choice Between Serving Our Time In Jhb Or Nkandla…Of Course We Have Chosen To Be Close To Home. Lockdown Or No Lockdown We Will Escourt You To Serve Your Time. ✊🏽✊🏽✊🏽 pic.twitter.com/Yrybea4Skt
— Dudu Zuma-Sambudla (@DZumaSambudla) June 29, 2021
Die Konstitusionele Hof se meerderheidsuitspraak is ’n striemende en verdoemende uitspraak teen die oudstaatshoof. Dit draai geen doekies om oor hoe hy die hof doelbewus geminag en die regsgesag ondermyn het nie.
Judgment: Former President Jacob Zuma is guilty of the crime of contempt of court and is sentenced to an unsuspended period of 15 months’ imprisonment. (Secretary of the Judicial Commission of Inquiry into Allegations of State Capture v JG Zuma and Others) pic.twitter.com/BFVouUfNEi
— Constitutional Court (@ConCourtSA) June 29, 2021
Die uitspraak is deur die waarnemende hoofregter, Sisi Khampepe, voorgelees. Sy het in die uitspraak ook verwys na die verskeie aanvalle wat Zuma op die regbank geloods het en gesê die gesag van die Konstitusionele Hof is nog nooit so aangeval nie.
Sy het gesê ’n opgeskorte vonnis sou geen effek op Zuma hê nie en dat daar ’n voorbeeld van hom gemaak moet word om die gesag van die hof te bevestig.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het op Twitter gesê die Konstitusionele Hof se uitspraak is ’n waterskeiding wat wys dat die hoogste mense in die land verantwoordbaar gehou kan word en dat niemand bokant die hof verhewe is nie.
READ: #OUTA says the @ConCourtSA judgment is a watershed, showing that the very highest in the land may be held to account and that the Constitution is supreme. NOBODY is above the law.
Concourt stands up against impunity. https://t.co/G2XggP0TPR— OUTA (@OUTASA) June 29, 2021
Politieke partye wat die uitspraak verwelkom het, was onder andere die DA, die Vryheidsfront Plus en ActionSA.
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, het in ’n verklaring gesê dit is ’n oorwinning vir die grondwetlike demokrasie in Suid-Afrika.
Groenewald sê die wiele van geregtigheid draai stadig, en soms te stadig, maar die uitspraak stuur wel die boodskap dat geregtigheid eindelik tog seëvier.
Hy sê die wêreld sal daarvan kennis neem dat Suid-Afrika se regbank en grondwetlike demokrasie steeds sterk staan, en dit is ’n positiewe verwikkeling.
The FF Plus welcomes the Constitutional Court's ruling and endorses it. https://t.co/xZBpZhfRdu
— VRYHEIDSFRONT PLUS / FREEDOM FRONT PLUS (@VFPlus) June 29, 2021
Die vonnis stuur ’n sterk boodskap dat Zuma, en almal in Suid-Afrika moet besef dat hulle nie bo die reg verhewe is nie en die reg moet respekteer. Dit stuur ook ’n sterk boodskap aan almal wat gedagvaar word om voor die Zondo-kommissie te getuig, dat die gevolge van hul weiering om te getuig ernstig sal wees.
Die DA-leier, John Steenhuisen, het in sy reaksie ook gesê die uitspraak bevestig dat niemand bo die wet verhewe is in Suid-Afrika nie. Volgens Steenhuisen is dit ’n belangrike dag vir die DA, aangesien die party die saak teen Zuma al 12 jaar lank dryf. Hy sê dit is net die begin en meer ANC-kaders hoort agter tralies.
📺 [WATCH]
"Today's judgment confirms that no one can stand above the law in SA.
This is a major day for the DA. For 12 years we have pursued the case against #JacobZuma relentlessly." -@jsteenhuisen
This is only just the beginning, more ANC cadres belong behind bars. pic.twitter.com/wRtRRlLb5n
— Democratic Alliance (@Our_DA) June 29, 2021
Herman Mashaba van ActionSA het gesê dit is inderdaad ’n oorwinning vir “alle Suid-Afrikaners wat gatvol is vir diegene wat die land straffeloos plunder”. Hy sê uiteindelik gaan Zuma hom nou bevind waar hy hoort, naamlik agter tralies.
This is indeed a victory for all South Africans that have become gatvol with those who have looted our country with impunity.
Finally, #JacobZuma will find himself where he belongs – behind bars.https://t.co/6x9lCE9I9o
— Herman Mashaba (@HermanMashaba) June 29, 2021