Johannesburg het vanjaar nog nie ’n dag sonder wateronderbrekings gehad nie en kenners waarsku dat dinge erger kan word.
Sedert die laaste deel van 2023 het skaars ’n week verbygegaan sonder dat sommige inwoners van Johannesburg, Suid-Afrika se kommersiële hoofstad, hul watertoevoer verloor het. Kennisgewings van beplande onderbrekings van die plaaslike waterowerheid is ’n algemene verskynsel. Onbeplande waterafsluitings vind ook gereeld plaas.
#JoburgUpdates
List of affected areas: https://t.co/ZXtxZO4YF9 ^X pic.twitter.com/O8qhn4DIE3— Johannesburg Water (@JHBWater) February 28, 2024
Craig Sheridan, ’n hoogleraar in geografie, direkteur van die Sentrum vir Waternavorsing en -ontwikkeling aan die Universiteit van die Witwatersrand, en ’n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Chemiese Ingenieurs (SAIChE) en die Internasionale Watervereniging (IWA), sê die hele stad word daardeur geraak. Plakkerskampe, minder gegoede sowel as meer gegoede dele van die stad loop deur onder die waterkrisis.
The Conversation Africa het Sheridan gevra wat skeefgeloop het.
Hy sê inwoners van Johannesburg sukkel om water te kry omdat die Stad Johannesburg sy finansies swak bestuur.
Johannesburg’s water crisis is getting worse – expert explains why the taps keep running dry in South Africa’s biggest city https://t.co/rGUVxcY1vW via @TC_Africa
— Giulietta Talevi (@GTalevi) February 28, 2024
Die instandhoudingsrekening vir waterinfrastruktuur is R2 miljard per jaar, maar slegs R1 miljard word bewillig. Onderhoudsbehoeftes is besig om buite beheer te raak, sê hy.
Omdat die infrastruktuur verouder (in die woonbuurt Parkwood is die infrastruktuur byvoorbeeld ouer as 70 jaar), roes en breek die pype. Wanneer hulle breek, lek hulle, wat soms baie groot hoeveelhede water verlore laat raak voordat die pype herstel word.
Wanneer inwoners versoek dat herstelwerk gedoen word, is die Stad se reaksie, indien dit hoegenaamd kom, dikwels te min en die werk word swak gedoen. Daar is min toesig of aanspreeklikheid om te verseker dat die kontrakteurs die werk reg gedoen het, en die herstelwerk hou dikwels nie lank nie, sê Sheridan.
Om sake te vererger is Johannesburg Water-personeel besig met ’n staking oor salarisgeskille. Die dooie punt in onderhandelinge wek gesondheidsbekommernisse en beklemtoon die belangrikheid van die oplossing van arbeidsgeskille in noodsaaklike dienste.
Northern #Johannesburg still battling water crisis amid strike over wages https://t.co/UWCpxlTktA
— CapeTalk on 567AM (@CapeTalk) February 29, 2024
Die staking het waterinstandhoudingsbedrywighede in die noorde van Johannesburg aansienlik belemmer. Die Zandfontein-depot, ’n kritieke spilpunt vir waterverspreiding en instandhouding, se personeel het eenvoudig uitgestap, wat gelei het tot onbewaakte lekkasies en ’n agterstand van instandhoudingskwessies. Hierdie arbeidsaksie het ’n waterkrisis veroorsaak wat die daaglikse lewe en higiëne in verskeie luukse woonbuurte wat bekend is vir hul besige kommersiële en residensiële aktiwiteite, beïnvloed.
Die waterkrisis verontrief nie net inwoners nie, maar het ook gesondheidsbekommernisse laat ontstaan, aangesien toegang tot skoon water noodsaaklik is vir sanitasie en higiëne. Skole, besighede en gesondheidsorgfasiliteite in die geaffekteerde gebiede is onder druk, wat die gemeenskap verplig om alternatiewe waterbronne te soek.
Kenners sê dit beklemtoon die dringende behoefte aan effektiewe dialoog en kompromie tussen Johannesburg Waterbestuur en die stakende personeel om waterdienste te herstel en die onderliggende kwessies wat tot die staking lei, aan te spreek. Ekonome sê insigte vanuit ekonomiese perspektiewe dui daarop dat die oplossing van arbeidsgeskille in noodsaaklike dienste ’n gebalanseerde benadering vereis wat openbare welsyn naas werkersregte vooropstel.
Volgens Sheridan gebruik Gautengers ook te veel water. Hy sê die stede mors heeltemal te veel en daar is te veel diefstal van drinkwater. Die sosiale pakt word verbreek as gevolg daarvan. Dit word aangedui deur die aantal burgerlike aksiegroepe wat gevorm word, soos WaterCAN. WaterCAN is ’n groeiende netwerk van burgerwetenskapaktiviste en ’n inisiatief van die organisasie teen belastingmisbruik, Outa.
Not taking anything away from the high water consumption from residents. Municipalities need to get on top of the water leaks. There isn’t a suburb in @CityofJoburgZA that doesn’t have water running down the street. Lead by example! https://t.co/1jaqwFuVNF
— WaterCAN (@WaterCANsa) February 28, 2024
Sheridan sê terselfdertyd moet landsburgers hul eie watergebruik ernstig oorweeg en hoe om dit te verminder. Die inwoners van Kaapstad is in 2018 gedwing om die moontlikheid in die gesig te staar dat die krane in permanent sou droog loop tydens ’n vyf jaar lange droogte. Waterverbruik is drasties beperk, wat mense gedwing het om baie waterbewus te word.
Dit moet volgens hom die norm word as daar ononderbroke watertoevoer gaan wees.