Kaapstad beoog om Londen se swart taxi’s bont te verf om Kaapstad se internasionale-bestemming-veldtog in die komende somerseisoen te bemark.
Dit is deel van die stad se direktoraat vir ekonomiese groei en Norse Atlantic Airways se bemarkingsveldtog om hulle eerste Londen-Kaapstad-vlugte te bevorder wat op 28 Oktober begin.
Hulle hoop om besoekers van regoor die wêreld daarmee te lok.
Exciting news 🌟 New route: London - Cape Town, starting October 28th! 🇬🇧✈️🇿🇦 Renowned for its stunning natural landscapes, vibrant urban culture and unparalleled access to breathtaking scenery, culture and wildlife, Cape Town promises an unforgettable experience. We’re thrilled… pic.twitter.com/rbIdpHq98U
— Norse Atlantic Airways (@flynorse) April 18, 2024
As deel van die vennootskap neem hulle Londen se strate behoorlik op horings deur 40 van die Engelse hoofstad se bekende swart taxi’s met helder beelde van Kaapstad te tooi.
Stel jou dit voor: Jy is in een van die besigste stede ter wêreld, en ’n statige swart taxi helder versier met Kaapstad se lewendige beelde kom verby en moedig jou aan om jou volgende avontuur na Kaapstad te bespreek.
Die taxi’s sal ook Kaapstad se nuwe internasionale logo dra, wat volgens burgemeester Geordin Hill-Lewis ’n wêreldwye voorstelling van Kaapstad se lewenslus is.
Get ready for a visual reminder of Cape Town's unmatched experiences! Wrapped cabs in London will promote flights from Gatwick to Cape Town, with a special offer for bookings through the 'Choose Cape Town' campaign.
Read more: https://t.co/SFjhSWpVy8#CTNews #EconomicGrowth pic.twitter.com/gaXhaIZwVV
— City of Cape Town (@CityofCT) September 12, 2024
Hy sê dit is ’n visuele herinnering aan die ongeëwenaarde ervarings wat Kaapstad bied, van seesafari’s tot stedelike kultuur en beleggingsgeleenthede. Sodra passasiers in die taxi klim, sal hulle verdere handelsmerke binne-in sien met ’n QR-kode wat hulle direk na ’n besprekingsplatform sal neem om ’n Norse Atlantic Airways-vlug na Kaapstad te verseker wanneer hulle dit skandeer.
Om dit nog meer aanloklik te maak, werk Norse aan ’n spesiale aanbod vir vlugte wat deur die kode bespreek word. Besonderhede hiervoor sal deur die lugredery bevestig word. Dit maak dit die eerste veldtog waar Kaapstad ’n direkte omskakelingsmeganisme het wat via die Norse-lugdiens se vlugte gekoppel is, sê James Vos, die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei.
“Ons splinternuwe internasionale logo, meer nuwe direkte vlugte na Kaapstad, en veldtogte vir Europa, Suid-Amerika en die VSA, is hier om die wonder van ons stad ten toon te stel. Meer toeriste beteken meer werk vir Kapenaars, het Hill-Lewis op X gesê.
Our tourism season is officially heating up! ☀️🇿🇦
Our brand new international logo, more new direct flights to Cape Town, and campaigns for Europe, South America, and the US are here to showcase the magic of our city 🛫🌍
More tourists mean more jobs for Capetonians! 👏
Read… pic.twitter.com/hB5s3HSjvu
— Geordin Hill-Lewis (@geordinhl) September 11, 2024
“Met miljoene oë op Kaapstad tydens internasionale geleenthede, was daar ’n behoefte aan ’n maklik herkenbare handelsmerk vir die stad. Hierdie logo sal regoor die wêreld gesien word by sportgeleenthede, konferensies, op al ons veldtogte en bemarkingsmateriaal, en op internasionale reklameborde en TV-skerms. Soos ons Kaapstad bevorder as ’n plek waar wêreldburgers kan woon, werk en speel, sal die logo sinoniem word met die slagspreuk ‘Ons Stad van Hoop’. Dit is gewaagd, lewendig en onmiskenbaar Kaapstad, met ons ikoniese Tafelberg wat deur die lettertipe loop en besoekers nooi om ons ongelooflike stad te kom ervaar,” het Hill-Lewis gesê.
Die bestemmingsbemarking speel ’n sleutelrol in die vyfpuntplan om Kaapstad se toerismebedryf te laat groei. Dit is die pilaar wat die ander punte voorafgaan, naamlik die uitbreiding van vlugroetes, die uitbreiding van die stad as bestemmingprofiel, die versekering van hoëgehaltekonferensies en ander geleenthede, en die ondersteuning van plaaslike besighede om kwaliteit-, outentieke en unieke produkte en dienste in Kaapstad se gemeenskappe te ontwikkel, het Vos gesê.
“Ons staan op die drumpel van ’n nuwe era vir Kaapstad se toerismebedryf. Elke inisiatief wat ons van stapel stuur, gaan oor die ontsluiting van potensiaal, nie net vir ons stad nie, maar vir die mense van Kaapstad. Verlede jaar het toerisme meer as 91 000 Kapenaars in diens gehad. Ons het ’n lang pad om nog te loop in terme van die skep van meer geleenthede vir ons inwoners. As ons aanhou druk en aanhou om op hierdie sleutelareas te fokus, kan ons ’n toerismeverwante werk in elke huishouding regoor die stad skep. Dit is ’n ambisieuse doelwit, maar een wat ons kan bereik deur saam te werk,” sê Vos.