Kaapstadse klerereeks BRAhSSE dalk gou in Las Vegas te sien

  • 0

’n Klerereeks wat as ’n idee tussen vriende begin het, het gegroei tot ’n gevestigde handelsmerk, en nou is die Kaapstadse handelsmerk BRAhSSE dalk binnekort in Las Vegas te sien.

Die eienaar, Shakoer Baderoen, vertel hulle is genooi om Agenda Las Vegas in 2021 by te woon, ’n diverse en kreatiewe leefstylmodeskou.

Shakoer vertel meer.

Vertel asseblief meer oor jul klerereeks – wat is jul inspirasie vir die klere wat jul skep?

BRAhSSE is ’n local clothing brand in Kaapstad wat strive om ’n fresh en nuwe approach aan local clothing te bring. Ons vat inspirasie van kulture, ons heritage, huidige topics in society en meng dit saam in ons offering vir ons customers. Ons werk ook baie met ander creatives om different perspectives en idees te kry.

Hoe het BRAhSSE ontstaan? Waar het jul op die idee van die klerereeks gekom?

Dit was nog altyd my droom om my eie clothing brand te het. Ek mean van ’n baie jong ouderdom. Toe ek university toe kom en meer leer hoe ’n besigheid moet werk, was dit finals. Ek het geweet ek is destined om ’n brand te het. In my final year van undergrad, was ek en een van my beste vriende in ’n student flat. Ek was besig om te teken en toe sê ek vir hom. "Chad, my bru, ek smaak ’n clothing brand begin." Ek wil een begin het wat ek aan kan relate en die inspirasie wat ek oor die jare opgebou het, kan neerlê in dit.

Vertel asseblief meer oor die naam BRAhSSE?

"Brasse" is colloquial sleng term in Suid-Afrika wat vriendskap en belonging voor bring. Ek het die klein "h" in die middel gesit om dit te differentiate, maar dit is ook vir "heritage".

BRAhSSE verteenwoordig kultuur, erfenis en vryheid van uitdrukking – vertel asseblief meer hieroor?

Yes. BRAhSSE strive om dit uit te beeld. Ons werk met ’n verskeidenheid van creatives en thinkers om dit te doen. Nie net deur klere nie maar ook deur kreatiwiteit. Die brand moet ook critical engagement veroorsaak tussen die mense van Suid-Afrika.

Wat van jou kultuur en erfenis maak julle trots?

Dit leer vir ons dat ons nooit moet op gee nie no matter what en dat vir elke rainy day kom ’n somerdag. Is wat jy van dit maak.

Wat maak jou trots Suid-Afrikaans?

Ek dink omdat ons dit eg hou aan ons mense. BRAhSSE is ’n Afrikaanse term en inspirasie word in Suid-Afrika gekry. Dit verteenwoordig die youth van Suid-Afrika.

Om ’n besigheid op die been te bring is nie maklik nie – hoe het jul te werk gegaan om dit reg te kry?

Wel, education is key. Ek het ’n BComm (Logistics) en ’n postgrad in marketing gaan doen om meer te leer hoe besigheid werk. In my final year het ek R100 gehad en besluit ek gaan ’n T-shirt maak met "BRAhSSE" op dit en kyk hoe society dit aanvaar. Mense het die gelove en ek het verder toe besluit om meer geld in dit te invest en ook uit te reach na investors. Met die geld wat ons in sales gemaak het, invest ons terug in die besigheid om dit te groei. Ek dink ook continued research en education is vital vir ’n besigheid. Jy moet op dreef bly.

Wat is julle raad aan ander entrepreneurs wat hul eie besigheid wil begin?

Lees baie en doen baie research in die veld wat jy wil ingaan. Reach out to people. Leer die belangrikheid van marketing en accounting. Moet nooit ooit opgee nie. Probeer om different te wees.

Wat hou die toekoms vir julle in?

Vir nou wil ons net meer ontwikkel en die besigheid tot op die volgende vlak neem. Ons was ook genooi na die grootste streetwear and lifestyle trade show in die wêreld wat next jaar in Las Vegas gebeur. Ons werk nog aan die fondse om dit by te woon. Ons wil ook in die next drie jaar ons eie winkel het in die Kaap.

  • Foto's: verskaf
Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top