Die Krugersdorp-moordenaars wie se dade die land die afgelope maande met afgryse vervul het, sal waarskynlik nooit weer die buitekant van die tronk sien nie.
Hulle is Maandag saam 28 keer lewenslange tronkstraf opgelê in die Hooggeregshof in Johannesburg.
Die baasbrein agter die moorde, Cecilia Steyn, is 13 keer lewenslank tronk toe gestuur, Zak Valentine agt keer en Marcel Steyn sewe keer. Al drie is ook meer as 100 jaar bykomende tronkstraf opgelê. Die drie het saam met drie ander ’n skrikbewind in Krugersdorp gevoer en het tussen 2012 en 2016 11 mense vermoor. Die ander drie is reeds gevonnis en het reeds begin om hul tronkstraf uit te dien. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.
Foto: Pixabay.com
Die naasbestaandes van die slagoffers van die Krugersdorp-moorde sê hulle is tevrede met die swaar vonnisse wat die moordbende opgelê is.
Regter Ellem Francis het Cecilia Steyn tydens vonnisoplegging as ’n bose mens beskryf met geen vooruitsig op rehabilitasie nie. Hy het ook bevind dat die getuienis teen al drie die moordenaars oorweldigend was.
Die hof het bevind dat Cecilia ’n groep rampokkers bestuur wat godsdiens misbruik het om te moor en geld uit mense te swendel.
Cecelia, wat as die heks gedoop is, het volgens Netwerk24 nie geblik of gebloos toe die hof haar die swaar vonnis oplê nie. Die hof het ook bevind dat sy geen berou getoon het oor haar dade nie.
#KrugersdorpMurders It is the finding of the court that Marcel did not show genuine remorse and that it was nothing but a ploy
— Krugersdorp News (@KrugersdorpNews) August 19, 2019
Die regter het in sy uitspraak gesê dit is die ergste saak wat hy in die 18 jaar wat hy op die regbank was, waargeneem het.
“Wat dit erger maak, is dat hulle almal gesê het hulle is Christene. Hulle moes hulself eerder ‘uitverkies deur Lucifer’ genoem het. Dit was soos ’n gruwelverhaal,” het die regter gesê.
#KrugersdorpMurders Judge calls case the worst he has presided over in his 18 years on the bench. https://t.co/s57vMvldI8 pic.twitter.com/eXr2VBreoB
— AlgoaFMNews (@AlgoaFMNews) August 19, 2019
Regter Francis het gesê hy kan eenvoudig nie glo dat Zak en Marcel die stories oor die weeshuis geglo het nie. Hy het gesê dit was ’n drogbeeld uit Celia se siek verstand en Zak het sy vrou verraai.
Die regter het in sy uitspraak gesê nie een van die slagoffers het verdien om so aan die einde van hulle lewe te kom nie.
Volgens die getuienis voor die hof het Cecilia Steyn saam met Zak Valentine en Marcel Steyn deel gevorm van die Electus Per Deus okkultiese groep wat op ’n moord-orgie in Krugersdorp gegaan het en 11 mense vermoor het.
Marinda Steyn was glo die matriarg van die Krugersdorp-moordenaars gewees. Haar groepslede het haar blindelings geglo en sy het hulle lewe hel gemaak. Die regter het gesê sy ’n bose mense en moet permanent uit die samelewing verwyder word. Hy sê sy het geen vooruitsig om ooit gerehabiliteer te word nie.
Die 34-jarige Zak Valentine het na sy vonnis geglimlag toe hy na die selle geneem is.
#KrugersdorpMurders: Zak Valentine sentenced: https://t.co/YVk1aJEgsu pic.twitter.com/FaWRrILtFK
— The Tembisan (@TheTembisan) August 19, 2019
Cecilia is soos volg gevonnis op die verskeie klagtes teen haar:
#KrugersdorpMurders
Cecilia (Counts)
1 life
2 life
3 8 yrs
4 8 yrs
5 3 yrs
6 life
7 life
8 life
9 life
10 14 yrs
11 life
12 life
13 15 yrs
14 to 18 2 yrs
19 14 yrs
21 life
22 life
23 15 yrs
24 life
25 15 yrs
26 2 yrs
27 life
28 15 yrs
29 life
30 15 yrs
31 15 yrs
32 3 yrs pic.twitter.com/vu9W0qvkMd— Krugersdorp News (@KrugersdorpNews) August 19, 2019
Van die slagoffers se naasbestaandes het skokkende stories oor hulle geliefdes met Huisgenoot gedeel.
Buro: MvH