Kunstenaars skep kreatiewe samewerking oor grense heen

  • 0

Willemien Rust van Suid-Afrika en Yusuf Balogun Gemini (bekend as Gemini) van Nigerië

’n Afrikaanse kunstenaar en twee Yorùbá-kunstenaars wat saam ’n projek aanpak, is buitengewoon, tog is dit presies wat ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar en Nigeriese kunstenaars gedoen het. ’n Samewerking oor grense heen, en ook een wat geen grense ken nie.

Willemien Rust van Suid-Afrika en Yusuf Balogun Gemini (bekend as Gemini) van Nigerië het ’n unieke samewerking, Beginnings & Endings, geskep, terwyl Ayẹni Ọlájídé foto's geneem het. Al drie is passievol daaroor om met kunstenaars oor verskillende kultuurgrense saam te werk en kreatiewe werke te skep.

Willemien, Gemini en Ayẹnivertel meer oor hul oorspronklike "spoken word"-item.

Willemien, vertel asseblief ’n bietjie meer oor wie jy is en die werk wat jy doen.

Willemien: Ek stel myself op hierdie stadium as ’n kunstenaar / kreatiewe entrepreneur voor, maar dit het my ’n hele paar jaar geneem om op hierdie “beroepsbeskrywing” te besluit!

Ek het tussen 2011 en 2016 Frans aan die Universiteit van Pretoria doseer en in daardie tyd my meesters in Frans voltooi. My musiekprojekte was toe ook al aan die gang, maar sedert 2017 het ek die musiek na die voorgrond en die akademie na die agtergrond geskuif, vir eers.

So deesdae hou ek myself besig met my Franse alter ego se musiekprojek Philomène&, sowel as my Afrikaanse projek, Willemien&. Die idee agter die &-teken is om met verskillende mense saam te werk – te “&” – aan uiteenlopende projekte. Ek tree gereeld met my Franse repertoire by markte, funksies en restaurante op in samewerking met verskillende musikante (onder andere Pieter Bezuidenhout, Ronald Davey, Farai Machingambi, James Robb) en op uitnodiging bied ek kreatiewe skryfkunswerkswinkels (in Frans) by skole en universiteite landswyd aan.

Willemien Rust

My Afrikaanse musiekprojekte is my passieprojekte. Ek doen intieme shows by klein teaters en open mic-aande, meestal in Pretoria en Johannesburg. Laasjaar is ek na die Tuin van Digters in Wellington genooi en dit was beslis ’n hoogtepunt op my kalender.

Verder is ek en Jude van der Wat tans besig om ’n vollengte-album vir ons Afrikaanse duo-musiekprojek Fotostaatmasjien oorgeklank te “pre-produce”. Ons hoop om binne die volgende paar maande nog ’n paar enkelsnitte vry te stel – ons het ons eerste een, “Outiobiografie I”, einde laasjaar op SoundCloud vrygestel.

Vertel asseblief meer oor jou onlangse samewerking, Beginnings & Endings, met die Nigeriese spoken word-kunstenaar Gemini.

Willemien: Ek en my man het laasjaar na Nigerië verhuis vir ’n paar maande – hy werk vir ABInbev en het ’n goeie geleentheid by die besigheid se tak in Lagos gekry. Ons het ons tyd daar ten volle benut – baie gereis, gesien, gedoen en ervaar. Ek het ook die kans gekry om ’n paar keer in restaurante in die stad (en in Akkra) op te tree waaroor ek aangenaam verras was.

Te danke aan Instagram kon ek relatief vinnig agterkom waar die kunstenaarsgemeenskap in Lagos geleë is. Ek het toe sommer besluit om een naweek ’n open mic-aand by te woon (wat op die African Artists Foundation se Instagram-blad geadverteer was) en daar het ek toe vir Gemini ontmoet.

Gemini en Willemien het mekaar in Nigerië ontmoet

Julle definieer die samewerking as “spoken word”. Wat behels “spoken word” en wat maak dié kunsvorm uniek?

Willemien: Ek sukkel eintlik nog steeds om ons creative output te definieer: ek dink dis waarskynlik iets in die lyn van poësie-ontmoet-lirieke wat deur instrumentele musiek ondersteun word. Maar ek dink die onderskeidende eienskap van ons projek lê eintlik in die kombinasie van Afrikaans en Yorùbá: ons moedertale wat teenoor mekaar, maar ook langs mekaar staan.

Ayẹni: I think one of the things that made this collaboration unique were the artists involved in the project, particularly our use of different media forms and our diverse backgrounds. We allowed this to seep into the project, knowing our journey with Philo would part soon. Language also gave the project a unique slant: combining and contrasting Afrikaans and Yorùbá. I would describe the music as a calm, rhythmic piece, whose sound and oration have been well strung together.

Gemini: I think the synergy and language influx that comes between Afrikaans and Yorùbá is enough beauty on its own – the therapeutic appeal that two distant languages can evoke is enough magic. It is not your everyday art, it's a phenomenon – like a blood moon.

Ayẹni Ọlájídé het die foto's geneem

Van waar die inspirasie vir Beginnings & Endings?

Willemien: Dis asof die tema vir hierdie nuwe projek eintlik al lank in my onderbewussyn gelê het en toe net in Lagos na die oppervlak gesyfer het. Aan die een kant hou die tema definitief verband met die verrykende en uitdagende lewenservarings wat ek en my man laasjaar opgedoen het.

Aan die ander kant het die musiek waarna ek die afgelope paar jaar geluister het, ook ’n rol gespeel: die meesleurende musiek van Ludovico Einaudi en Yann Tiersen, en meer onlangs het ek kunstenaars soos Agnel Obel, Nils Frahm en Poppy Ackroyd ontdek. Hulle almal komponeer minimalistiese klavierstukke met ’n sterk klem op die melodielyn. En alhoewel hul elkeen ’n kenmerkende styl het, dink ek dat hulle die volgende gemeen het: hulle musiek begin êrens en hou nooit regtig op nie … dis asof jy op enige punt na die musiek kan begin luister en nie voel asof jy iets misgeloop het nie.

Yusuf Balogun Gemini (bekend as Gemini)

Vertel asseblief meer van jou samewerking met Gemini – hoe het dit gekom dat julle besluit het om saam te werk?

Willemien: Toe ek en my buurvrou in Lagos, Renske Bouwer, by die African Artists Foundation se open mic aankom daardie aand, het ek eerlikwaar heeltemal buite my comfort zone gevoel – ek was tegelyk geïntimideer en geïnspireer deur die hele ervaring. Ek ly maar aan performance anxiety soos baie ander kunstenaars, en om in so ’n onbekende omgewing op te tree het my net nóg meer gespanne gemaak as gewoonlik, so ek het baie amper die hasepad gekies daardie aand. Maar Renske het my aangemoedig om tog ’n lied of twee voor te dra, so toe druk ek deur!

Ek het na my optrede die aand vanaf die verhoog verduidelik dat ek gereeld “collaborations” doen, en net na die geleentheid het Gemini kontak met my gemaak. Ons het kort daarna bymekaar gekom en begin gesels. Ons het gevoel die projek gaan ’n visuele look nodig hê en toe het ons vir Ayeni genader (op wie se werk ek ook terloops via Instagram afgekom het) en verder aan die projek begin skaaf.

Kort daarna het ons ’n paar eksperimentele foto’s in die strate van Lagos geneem … In Lagos is min of meer alles onderhandelbaar!

Ayẹni: We tried to make the photographs evoke a sense of longing or departure. Something representing transition, but static. We felt doors would be that object, and tried to zoom in on those, while widening our gaze to other transitory objects.

Gemini: In an opinionated review of a listener, he tagged the aright-standing position of Willemien and me as a compass to what lies in the whole content: two bodies standing close yet drifting apart, not even a slight touch. The beginnings and the endings must not be at the same point.

Gemini en Willemien

Willemien: Ongelukkig was ons tyd beperk. Ons wou eintlik ’n stop motion maak van die foto’s en dit saam met die lied vrystel, maar toe besluit ons om dinge eerder te vereenvoudig en net die lied op te neem. Oor die algemeen was die logistiek van die projek alreeds ingewikkeld genoeg!

Ek het my klavierpart en stem in Pretoria opgeneem in Ola Kobak en Jacob Israel se studio; ons het die opname vir Gemini in Lagos gestuur via Wetransfer; hy het toe sy dele in Yorùbá (die vertaling van my Afrikaanse lirieke) daar opgeneem en vir ons teruggestuur.

Dit is eintlik nogal ongelooflik hoe maklik ’n mens deesdae ’n “afstandscollab” kan doen!

Gemini: I feel there has been wide acceptance of the work and a variety of opinions from the listeners. It seems like everyone has a different way to connect with the work.

Wat is in die pyplyn vir die res van die jaar?

Willemien: Sedert die opname van die lied is dit asof ’n boorgat in my denke gebars het – ewe skielik sien ek alles deur die lens van beginne en eindes! Wanneer dit gebeur, weet ek dat die tyd aangebreek het vir ’n nuwe musiekproduksie. En sy naam is nou sommer Beginnings & Endings. Ek skryf die teks in Engels, maar sing in Afrikaans en Frans. Die produksie word weer Sondag 2 Junie by die Dunkelder-teater in Johannesburg opgevoer. So een van my prioriteite is om verder aan hierdie passieprojek te skaaf.

Dan is ek en Jude baie besig met die pre-production van ons album Fotostaatmasjien oorgeklank. Ons hoop ook om meer op te tree in die tweede helfte van die jaar.

Gemini, Willemien en Ayeni

Verder probeer ek om maar, soos almal anders, ’n balans te handhaaf tussen work and play. Alhoewel dit partykeer voel of my entrepreneuriese ondernemings my op tye insluk, probeer ek om dinge te doen wat nie nét werksgesentreerd is nie: soos nuwe resepte uitprobeer, gereeld te gaan oefen, te gaan fliek, te lees, vriende en familie oor te nooi vir ete, ens. Die ironie is dat al hierdie “buitemuurse” aktiwiteite tog later, op een of ander manier, deur my kreatiewe werk syfer … ai tog!

Ayẹni: I'm currently working on a collaborative film project and am using the camera to explore mundane entities in my local church community. What lies ahead 2019!? Lol! ... I look forward to travelling out of Lagos to seek out more architectural photographs.

Gemini: I am excited about my first Yorùbá poetry concert, Kengbe Oro. It's also my dream to create a commercially viable platform for the indigenous poetry, maybe churn out some videos this year, and if possible, take this art outside the immediate border. Particularly, collaboration is the new competition, and presently, I'm open to that.

  • Foto's verskaf

Lees ook

Fotostaatmasjien Oorgeklank: ’n onderhoud

"Un silence de plomb/’n Doodse stilte": ’n Gesprek met Willemien Rust oor hierdie liedjie

Buro: MvH
  • 0
Top