Die EFF en hulle leier, Julius Malema, moet hulle hand diep in die sak steek nadat die Konstitusionele Hof Malema en die EFF se aansoek om verlof om te appelleer teen ’n interdik wat AfriForum reeds in 2017 verkry het, van die hand gewys het.
Malema en sy party het Dinsdag altesaam R316 579,89 opgedok vir twee kostebevele wat in die Hooggeregshof teen hulle toegestaan is in AfriForum se suksesvolle interdikbevelaansoek.
In totaal het Malema en die EFF nou reeds vyf kostebevele van nagenoeg R700 000 aan AfriForum betaal vir 'n aantal sake wat hulle teen AfriForum verloor het.
Al het die EFF van die kostebevele aan AfriForum betaal, staan die huidige uitstaande bedrag steeds op ongeveer R215 000. Rente moet ook vanaf 2018 tot op datum op hierdie bedrag betaal word.
Die EFF se eerste verlies was ten opsigte van die interdik wat by verstek toegestaan is omdat Malema se prokureurs nie in 2017 in die hof opgedaag het nie. Tweedens is Malema se terugtrede-aansoek met koste van die hand gewys. Derdens het regter Mabusa van die Hooggeregshof die EFF se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys. Vierdens het die Konstitusionele Hof die EFF se aansoek om direkte toegang en appèl van die hand gewys. Vyfdens het die Hoogste Hof van Appèl die appèl van die hand gewys omdat daar geen vooruitsigte op sukses is nie.
Verlede maand het die Konstitusionele Hof die EFF ’n sesde finansiële knou toegedien wat die saak effektief tot ’n einde gebring het. Die uitspraak het bevestig dat aanhitsing om grond te betree en grond te beset ’n ernstige misdaad is en as die EFF in die toekoms hierdie misdaad pleeg, sal hulle skuldig wees aan minagting van die hof.
AfriForum het op die sosialemediaplatform X gesê in die komende maande sal die EFF en Malema hulle moet betaal vir nog twee kostebevele wat teen hulle toegestaan is. Dit spruit alles uit die sake wat onlangs in die Hooggeregshof van Appèl en Konstitusionele Hof aangehoor is teen die interdik wat hulle beveel het om nie grondbesettings aan te blaas nie.
Die EFF se aansoek om daarteen te appelleer is elke keer deur die howe van die hand gewys.
AfriForum het op X gesê “Julius moet nou #PayBackTheMoney” en as hy of die EFF weer grondbesettings aanhits, sal hulle skuldig wees aan minagting van die hof.
Dit is die sesde verlies vir Malema en die EFF in dieselfde aangeleentheid en daar is nou geen verdere wetlike weë vir ’n sewende poging nie, het AfriForum gesê.
Die EFF moet nou al die oorblywende koste wat hy AfriForum verskuldig is vir die afgelope ses jaar se hofgevegte in dieselfde saak, met rente betaal.
Die EFF moet nou al die oorblywende koste wat hy @AfriForum verskuldig is vir die afgelope ses jaar se hofgevegte in dieselfde saak, met rente betaal.
— AfriForum (@afriforum) November 7, 2023
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het Dinsdag afskrifte op X geplaas van twee betalings wat die EFF Dinsdag aan AfriForum se prokureurs oorbetaal het van onderskeidelik R163 441,29 en R153 138,50.
Breaking news: #Malema & the #EFF has just paid @afriforum R316 579.89. This amount is for 2 cost orders granted against them in the High Court in #AfriForum's successful interdict ordering @Julius_S_Malema & the @EFFSouthAfrica not to incite land occupations. In total Malema &… pic.twitter.com/Ey1X0NqylP
— Kallie Kriel (@kalliekriel) November 7, 2023
Reaksie op die nuus dat die EFF moet opdok omdat hulle hul appèlsaak verloor het, was uiteenlopend. EFF-ondersteuners het gesê die hofuitspraak sal hulle nie intimideer nie, terwyl ondersteuners van AfriForum gespot het dat die EFF nou een van AfriForum se grootste befondsers is.
“Cheers Mlungu, geniet dit terwyl dit hou. Ons voorouers slaap nie, ons is verenig teen die revolusie. Moenie deur hekwagters mislei word nie, jou beurt kom jy sal spyt wees dat jy ooit die vryheid wie se tyd aangebreek het geteiken het!!!” het ene Mogeneral Modise op X geskryf.
????????????????????????????????????????????Cheers Mlungu, enjoy it while it last. Our ancestors are not asleep, we are united against the revolution. Do not be misled by gatekeepers, your turn is coming you will regret ever targetting the freedom whose time has come!!!
No court will intimidate us.— ????????????????????????????. (@MogeneralModise) November 7, 2023
“Die EFF is dus een van die grootste befondsers van AfriForum – wat hulle in staat stel om aan te hou om Julius Malema op sy tone te hou – die ironie!” het iemand anders ook op X geskryf.