Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het gister (Maandag) ’n skokkende tussentydse verslag bekendgestel wat ’n web van beweerde bedrog en korrupsie by Tembisa-hospitaal in Gauteng blootlê.
Hierdie onthullings kom te midde van groeiende kommer oor sistemiese korrupsie in die openbare sektor, met implikasies wat moontlik kan uitbrei na ander hospitale en departemente.
Die SOE het sewe sindikate geïdentifiseer wat by Tembisa-hospitaal wortel geskiet en meer as R2 miljard onttrek het. Die geld was bestem vir gesondheidsorg aan diegene wat die swaarste kry, maar is na bewering deur drie groot sindikate en verskeie kleiner netwerke gesteel.
Die ondersoek is in 2023 deur president Cyril Ramaphosa goedgekeur, twee jaar ná Deokaran se moord in Augustus 2021. Sy het as hoofrekenmeester by die Gautengse Departement van Gesondheid onwettige kontrakte ontdek, insluitend 63% van aankoopopdragte tussen April en Julie 2021 wat aan verdagte verskaffers gekoppel was.
Die verslag is deur die SOE se hoofadvokaat, Andy Mothibi tydens ’n mediakonferensie by die hospitaal bekendgemaak en ’n “verwoestende plundering van openbare fondse” is onthul.
Mothibi het gesê: “Hierdie verbysterende bedrag geld, bestem vir gesondheidsorg by Tembisa-hospitaal om die mees kwesbaarste mense te versorg, is in plaas daarvan genadeloos gesteel deur ’n komplekse web van bedrog en korrupsie – ’n skreiende verraad van die openbare vertroue.”
Die nuuskonferensie is ook bygewoon deur die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, en Gauteng se LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, wat almal hulle verbintenis tot deursigtigheid en herstel belowe het.
The Special Investigating Unit (@RSASIU) is holding a media briefing today to update the public and release its interim investigation report on Tembisa Hospital.
The briefing is being led by Head of the SIU, Advocate Andy Mothibi, and is attended by Minister of @HealthZA Dr.… pic.twitter.com/Wj93taxJHm
— Gauteng Health (@GautengHealth) September 29, 2025
Die drie hoofsindikate wat in die verslag geïdentifiseer en na bewering verantwoordelik is vir die beweerde diefstal, is:
- Die Maumela-sindikaat gelei deur Hangwani Morgan Maumela, president Ramaphosa se neef uit ’n vorige huwelik. Maumela se bates, insluitend luukse voertuie soos Lamborghini's, ’n Bentley Continental GT V8 en eiendomme ter waarde van R293 miljoen (onder meer ’n R75 miljoen-eiendom in Bantry Bay), is deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid gevries. Vusimuzi “Cat” Matlala het saamgewerk met die maatskappye en het na bewering meer as R13 miljoen ontvang.
- Die Mazibuko-sindikaat onder leiding van Rudolf Mazibuko se aandeel sluit bates en eiendomme in die Wes-Kaap en Gauteng in, ter waarde van R42,6 miljoen.
- Die derde sindikaat word slegs as sindikaat X beskryf. Bates wat betrokke is, word op R150 miljoen geraam. Die meesterbrein se identiteit sal in die finale verslag onthul word.
HAPPENING NOW:
An interim SIU report has revealed 3 syndicates operating at the Tembisa Hospital.1- Hangwani Morgan Maumela & Vusi ‘Cat’ Matlala( tenders worth: R816m +)
2- Rudolf Mazibuko( tenders worth: R283m +)
3- X (tenders worth: R596m +)
📷: @RSASIU pic.twitter.com/VW7TKlvynQ
— EWN Reporter (@ewnreporter) September 29, 2025
Kleiner sindikate het saam betalings van R162,6 miljoen ontvang. Ten minste 15 huidige en voormalige amptenare by Gauteng se Departement van Gesondheid en die hospitaal is geïmpliseer, met beweerde korrupte betalings van R122 228 000.
Hierdie beweerde bedrog het direk gelei tot swak dienslewering, met medisynetekorte en oorbesteding aan voorrade. Mediese uitgawes het van R315 miljoen in 2018/2019 gestyg na R979 miljoen in 2021/2023, ten spyte van stabiele pasiëntgetalle. Die plundering het vertroue in die openbare gesondheidstelsel, veral vir kwesbare gemeenskappe in die Oos-Rand, ernstig ondermyn.
[WATCH] Two billion rand has been lost to tender irregularities and fraud at Thembisa Hospital, and this could escalate as investigations continue. This was announced by Special Investigating Unit Head Andy Mothibi, who was addressing the media at Thembisa Hospital. pic.twitter.com/YmaZNmG08A
— SABC News (@SABCNews) September 29, 2025
Aktiviste en lede van die publiek het skerp gereageer op die verslag. ActionSA het sy oproepe vir wetgewing om fluitjieblasers te beskerm herhaal, met hulle leier, Herman Mashaba, wat die gevare vir getuies beklemtoon het. Organisasies soos Corruption Watch eis dat verdagte maatskappye se name op ʼn swartlys geplaas word en vra ook vir beter beskerming vir fluitjieblasers. Op X het gebruikers Deokaran as ’n heldin geëer en die korrupsie van die staat gekritiseer, met plasings wat skok uitspreek oor die R2 miljard-verlies en geregtigheid eis.
SOE-woordvoerder Kaizer Kganyago het beklemtoon dat die verslag ’n stap na deursigtigheid is.
An Ode to Babita Deokaran
She began quietly 30 years ago as a clerk, in the service of the state and worked her way to chief director of financial accounting.
Step by step, through dedication and honesty, she rose until she carried one of the heaviest burdens the finances of a… pic.twitter.com/nHLdI5BQZd— Goolam (@goolammv) September 29, 2025
Die regering het belowe om dissiplinêre optrede teen amptenare te onderneem, met 116 verwysings wat reeds voorberei is. Die ondersoek kan ook uitbrei na ander hospitale, soos wat Mothibi in 2024 voorgestel het.
Die finale verslag word in die komende maande verwag, met siviele en kriminele vervolgings deur die Nasionale Vervolgingsgesag.
