Misdaad vier steeds hoogty in Suid-Afrika. Ten spyte van ’n laer moordsyfer die afgelope kwartaal, leef Suid-Afrikaners in ’n oorlogsone met gemiddeld 70 moorde per dag, terwyl misdadigers amok maak.
Daar was tot dusver 19 279 moorde in Suid-Afrika in 2024, en gemiddeld 70 moorde per dag in die tydperk Julie tot September 2024.
Van Julie tot September is 6 545 mense in Suid-Afrika vermoor, en is byna 11 000 verkragtings aangemeld (gemiddeld 122 elke dag of vyf elke uur). Daar was 5 447 motorkapings (’n gemiddeld van 60 elke dag) en meer as 35 000 rooftogte (sowat 388 elke dag).
Die tweede kwartaal se misdaadstatistieke van 2024 onthul die verskriklike geweld wat veral teen vroue en kinders gepleeg word. Terwyl geweldsmisdaad in die algemeen tussen Julie en September vanjaar afgeneem het, neem misdade teen vroue en kinders steeds toe, dikwels in hul eie huise.
Die moordsyfer was laer, maar meer as 50 000 seksuele misdrywe het die afgelope 12 maande plaasgevind. Dit blyk uit die jongste misdaadstatistiek wat die afgelope week deur die minister van polisie, Senzo Mchunu, bekend gemaak is.
#PoliceMinistry The Minister of Police, Mr Senzo Mchunu reflects on the successes achieved. #CrimeStats NP pic.twitter.com/a7adRDYjSz
— SA Police Service 🇿🇦 (@SAPoliceService) November 25, 2024
Die portefeuljekomitee oor polisie het Woensdag met die minister van polisie en senior bestuur van die SAPD vergader om planne vir ’n veiliger feestyd te bespreek, asook die jongste misdaadstatistieke.
The Portfolio Committee on Police is today meeting with the Minister of Police and Senior Management of the @SAPoliceService to discuss plans for a safer festive season, 2nd Quarter crime stats , capacitation of Detective service, and a briefing on plans to counter extortions pic.twitter.com/c0eJ7pVR2v
— Justice-and-security-Cluster (@JustSecuCluster) November 27, 2024
Die DA sê in ’n verklaring terwyl Suid-Afrikaners gebuk gaan onder die voortdurende geweld van die samelewing, is vroue en kinders besonder kwesbaar, veral in die plekke wat hulle as veilig beskou, naamlik hul huise.
🚨 SA's latest crime stats reveal a 5.8% drop in quarterly murders, showing some progress.However, with crime rates still among the world’s highest, urgent systemic reforms are essential. The DA calls for devolved policing & enhanced crime intelligence.https://t.co/BzaP8Pl7O4
— Democratic Alliance (@Our_DA) November 25, 2024
Armand Cloete van die VryheidsFront Plus in die Vrystaat sê in ’n verklaring die hoë aantal verkragtingsgevalle in dié provinsie die afgelope kwartaal dui op ernstige tekortkominge in die beskerming van vroue.
According to the crime statistics report announced by the Minister of Police, Senzo Mchunu, on Monday, the Free State has the most reported cases of rape in the country with 24 out of every 100 women falling victim to this crime. https://t.co/fefbeOnjpy
— VRYHEIDSFRONT PLUS / FREEDOM FRONT PLUS (@VFPlus) November 27, 2024
Luidens die misdaadstatistiekverslag wat Mchunu Maandag bekendgemaak het, het die Vrystaat die meeste voorvalle van verkragting in die land aangeteken, met 24 uit elke 100 000 vroue wat slagoffers is van dié misdaad. Die feit dat dwelmverwante misdade in die Vrystaat met 16,2% gestyg het, wys ook dat die polisie tans die stryd teen dwelms verloor, sê Cloete.
Seksuele aanranding het in dieselfde tydperk met 32,7% toegeneem.
While the Western Cape reports an 8.7% drop in the murder rate, this does not reflect the lived reality of township communities where women & children remain at high risk, with alarming increases in GBV & child violence. @DWYPD_ZA @unwomenSA #CrimeStatshttps://t.co/pu8gDQYYzs
— Ilitha Labantu (@IlithaLabantu) November 26, 2024
Die DA sê in ’n verklaring vroue het deel geword van die tragiese waarheid dat een uit elke drie vroue in Suid-Afrika geweld binne verhoudings ervaar het, asook die feit dat baie Suid-Afrikaanse mans vroue blykbaar sien as mindere wesens wat hulle moet “gehoorsaam”, en nie seks met hul mans mag weier nie, en dat vroue in sekere omstandighede geslaan moet word.
Kinders was ook by opvoedkundige fasiliteite nie veilig nie. Van die 106 verkragtings wat op die persele van skole, universiteite, kolleges of dagsorgfasiliteite plaasgevind het, was 90 van die slagoffers leerders en ses was studente.
Daar is 13 gevalle van moord, 24 van poging tot moord en 318 aanrandings van geslagsgebaseerde geweld by opvoedkundige fasiliteite aangemeld. Die aantal werklike gevalle van geweld op kinders is egter baie hoër.
Van Julie tot September 2024 is 315 kinders vermoor; daar was pogings tot moord op 490 kinders; en 1 944 kinders is aangerand met die doel om hulle ernstig te beseer.
Drie sake van moord en poging tot moord waarin kinders slagoffers is, word volgens die mees onlangse kwartaallikse misdaadstatistieke gemiddeld elke dag in die Wes-Kaap geregistreer.