Die Suid-Afrikaanse toerismesektor sê die bedryf is geskok deur die nuus van die noodlottige skietery van ’n Duitse besoeker in Mpumalanga op Maandag 3 Oktober. Die toeris was een van vier reisigers wat op pad was na een van die land se top toeriste-aantreklikhede in die provinsie toe hy doodgeskiet is.
Polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala het gesê die vier toeriste is Maandagmiddag deur gewapende mans in ’n VW Caddy aangeval. Hy het gesê die toeriste het in ’n Hyundai H1 op Numbiweg in Witrivier gereis en was op pad na Numbihek by Mdluli Safari Lodge toe die voorval plaasgevind het waartydens een van hulle deur gewapende mans doodgeskiet is toe hulle die voertuig wou kaap.
Die waarnemende uitvoerende hoof van Suid-Afrikaanse Toerisme, Themba Khumalo, het Dinsdag in verklaring gesê die toerismesektor is bewus daarvan dat misdaad boaan die lys van faktore is wat toeriste opper as ’n bekommernis wanneer hulle Suid-Afrika as bestemming kies.
Hy sê dit is in die lig hiervan dat die land se toerismesektor by ’n onlangse byeenkoms van leiers in die toerismebedryf gevra het dat Suid-Afrika se sekuriteitsgroepering hulle moet help om toerismeveiligheid te versterk en vinnig op te tree teen die misdaad wat die sektor se potensiaal raak.
German tourist shot dead in Mpumalanga, tourism organisations condemn incident | News24https://t.co/VltZTPf3uA
— TBCSA (@TBCZA) October 4, 2022
“Ons wil ons simpatie betuig en ons ondersteuning uitspreek teenoor die familie en vriende wat so ’n verwoestende ervaring in ons land gehad het. Suid-Afrikaners verwelkom mense en hierdie kriminele gedrag strook nie met ons warm en verwelkomende gees wat ons ingebore manier van lewe is nie. Die beskerming van alle toeriste is vir ons uiters belangrik. Daarom gaan ons voort om die Suid-Afrikaanse Polisiediens en alle verwante owerhede in hierdie verband te raadpleeg,” sê Khumalo.
Khumalo se sentimente is beaam deur die hoof- uitvoerende beampte van die Toerisme Besigheidsraad van Suid-Afrika (TBCSA), Tshifhiwa Tshivhengwa, wat gesê het "Geweld teen toeriste is gelykstaande aan ekonomiese misdade soos die steel van koperkabels en goud, en iets moet dringend gedoen word.
“Ons spanne sal met ons kollegas in die sekuriteitsgroepering vergader om maniere te bespreek waarop planne om toeristeveiligheid te verseker, bespoedig word voor ons baie besige somervakansieseisoen.”
Hy sê Suid-Afrika het alles wat enige toeris wil sien. Die Mpumalanga-provinsie spog met oulike en bekoorlike klein dorpies, wonderlike safari-ervarings en ikoniese landskappe. Dit, en meer, is wat besoekers uit verskeie wêrelddele in ons land kom ervaar. Dit is belangrik dat ons seker maak dat besoekers aan ons land veilig voel om ons wye verskeidenheid toerisme-ervarings en -ondernemings te geniet.
[READ] The South African tourism sector is devastated by the news of the fatal shooting of a German visitor in Mpumalanga. @SATravelTrade @TTshivhengwa @sontondlovu pic.twitter.com/ii37FUB98G
— TBCSA (@TBCZA) October 3, 2022
Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het die voorval ook skerp in ’n verklaring veroordeel. Sisulu sê Suid-Afrika ontvang ’n groot aantal toeriste van regoor die wêreld, insluitend Duitsland, en toerisme is een van die sektore wat die land se ekonomie van die inperkings help herstel.
BREAKING NEWS: ALLEGEDLY THIS IS "SAD" NEWS FOR THE SOUTH AFRICAN TOURISM INDUSTRY! pic.twitter.com/2hSrgyAnsc
— @BREAKING NEWS (@DknMohammed) October 4, 2022
Sy sê die voorval berokken die land se toerismebedryf enorme skade wat verskeie negatiewe gevolge op die land en die ekonomie het. Sisulu sê sy sal met die kabinet en lede van die land se veiligheidsowerhede skakel om planne te bespreek wat die land se toeriste se veiligheid verseker, en het ’n beroep gedoen op die owerhede dat die skuldiges vasgetrek en swaar gestraf sal word.
Business Insider SA berig dat die moord op die Duitse toeris op pad na die Krugerwildtuin opslae maak in Duitsland, in sommige gevalle meer as die nuus van die oorlog in Oekraïne, en die impak daarvan op Duitsers terwyl daardie land voorberei vir ’n koue winter as gevolg van gastekorte.
The murder of a German tourist en route to the Kruger National Park is making headlines in Germany, in some cases ranking above news of the war in Ukraine, and the impact on Germans as that country prepares for a cold winter due to gas shortages. https://t.co/ONrJIJQJGL pic.twitter.com/8EM8BaazOg
— Business Insider SA🇿🇦 (@BISouthAfrica) October 4, 2022
Bild, die land se grootste koerant, het die mislukte kaping en moord Dinsdagoggend as hoofberig aangebied met foto's van die misdaadtoneel. Die nuus verskyn ook op Duitsland se grootste nuuswebwerf, Der Spiegel, en in verskeie ander publikasies.
Op sosiale media is die voorval ook wyd in Suid-Afrika betreur en veroordeel. “Al ons toerismepogings gaan in die drein in net soos Suid-Afrika. Ek het gisteraand met ’n swaar hart geslaap – ons misdaadvlakke het epiese afmetings bereik en ek weet nie hoe ons hierdie gemors as ’n land gaan ongedaan maak nie. Is daar dalk ’n perskonferensie beplan om dit aan te spreek?” het TheLifestyleTourist getwiet.
All our tourism efforts are going down the drain as South Africa. I slept with a heavy heart last night, our crime levels have reached epic proportions and I don’t know how we are going to undo this mess as a country. Is there a Press Conference planned perhaps to address this ?
— TheLifestyleTourist (@ms_tourist) October 4, 2022