Hy kon nie Nederlands studeer as deel van sy kursus aan sy eie universiteit nie, toe skryf hy nauurs by ’n ander universiteit in. Kenan Davids het pas R50 000 gewen om België en Nederland te besoek sodat hy meer kan leer van sy “tantetaal” – ’n mooi konsep wat hy uitgedink het, want Nederlands is mos ’n sustertaal van Afrikaans, wat sy moedertaal is?
Die kompetisie val saam met die viering van die Week van het Nederlands, 1 tot 8 Oktober 2022, en is oop vir ingeskrewe studente aan universiteite in Suid-Afrika en Namibië. Dit is moontlik gemaak met befondsing van die ambassade van die Koninkryk van Nederland en die Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika en met die fasilitering van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV).
Kenan Davids is ’n tweedejaarstudent aan die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Gqeberha.
Lees ook:
Persverklaring: Student aan die Nelson Mandela Universiteit wen neerlandistiekreis met kortfilm