Die regering en SANParke het Maandag gewaarsku dat verdere swaar reënval steeds verwag word ná die verwoestende vloede wat groot dele van Suid-Afrika die afgelope week getref het en reeds tot die dood van tientalle mense gelei het. Die uiterste weerstoestande, wat gelei het tot storms oor Mosambiek, het veral Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Noordwes swaar getref. Swaar reën, sterk winde, weerlig en wydverspreide oorstromings het groot skade aan infrastruktuur en eiendom aangerig, gemeenskappe ontwrig, landbou- en skoolaktiwiteite tot stilstand gebring en selfs dele van die Krugerwildtuin onbegaanbaar gelaat.
19 January 2026: Current conditions at the Letaba River and Letaba Rest Camp, Kruger National Park.
For verified information and official updates, please visit https://t.co/Cve61AjEE6 #KrugerFloods2026 #KrugerNationalPark pic.twitter.com/QzNjN5OGh5
— SANParks (@SANParks) January 19, 2026
In Limpopo is minstens 18 mense dood, terwyl vyf mense steeds vermis word. In Mpumalanga alleen is 20 sterftes aangemeld. Duisende mense is in die betrokke provinsies ontheem nadat huise weggespoel of ernstig beskadig is. Meer as 1 000 huise is volgens voorlopige ramings in Limpopo vernietig, met skade wat na raming sowat R4 miljard beloop. President Cyril Ramaphosa het op 15 Januarie ’n buitengewone toesigbesoek aan Limpopo gebring, waar hy self die omvang van die skade besigtig en met geraakte gemeenskappe vergader het. Tydens die besoek het Ramaphosa bevestig dat dele van die provinsie binne minder as ’n week tot 400 mm reën ontvang het. Hy het Mpumalanga Maandag besoek om die situasie daar te assesseer en die regering se noodreaksie te monitor.
PRESIDENT VISITS FLOOD-STRICKEN AREAS IN MPUMALANGA
President @CyrilRamaphosa will this afternoon visit Nkomazi Local Municipality in the Mpumalanga Province to assess the extent of the damage caused by the floods and the response of Government.
The President will commence the…
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) January 19, 2026
Die verklaring van ’n nasionale ramp volg ook op ’n besoek deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA), Velenkosini Hlabisa, aan Mpumalanga op 17 Januarie. Die regering het Sondag amptelik die ramp ingevolge artikel 23 van die Wet op Rampbestuur, 2002 verklaar, wat die weg baan vir versnelde hulp, herstelwerk en die ontplooiing van addisionele hulpbronne.
The status of Nsemani Dam near Satara Rest Camp today, 19 January 2026. pic.twitter.com/jti7RiJECc
— SANParks (@SANParks) January 19, 2026
Hlabisa het die klassifikasie van ’n nasionale ramp in ’n verklaring verwelkom en beklemtoon dat die regering verbind is tot die herstel van normaliteit in die geraakte gebiede. “Ons fokus is nie net op noodhulp nie, maar op die herbou van gemeenskappe deur veerkragtige infrastruktuur wat toekomstige rampe beter kan weerstaan,” het hy gesê. Hy het ook hulde gebring aan nooddienste, rampbestuurspanne, die SAPD, die SANW, humanitêre organisasies soos Gift of the Givers en gemeenskappe wat volgens hom “ubuntu in aksie” getoon het.
Die burgerlike samelewing en individue het hulp aangebied. Die sangeres Yvonne Chaka Chaka en ’n plaaslike shisanyama-eienaar het kos ter waarde van R30 000 aan slagoffers uitgedeel.
In die Vhembe-distrik in Limpopo duur soek- en reddingsoperasies steeds voort nadat mense op 17 Januarie naby Thohoyandou deur vloedwater meegesleur is. Die liggaam van ’n 20-jarige man is reeds uit die Mutale-rivier herwin, terwyl ’n vyfjarige seun steeds vermis word.
Die Krugerwildtuin is een van die bewaringsgebiede wat die swaarste geraak is. Verskeie riviere, waaronder die Letaba- en Sabierivier, se walle is oorstroom, wat tot die sluiting van groot dele van die wildtuin gelei het. Ongeveer 360 toeriste en personeel moes per helikopter en ander middele ontruim word. Baie kampe bly gesluit. Herstelwerk sal na verwagting miljoene rand kos en sommige areas is steeds oorstroom, hoewel dele van die park geleidelik heropen word soos wat watervlakke daal.
Due to increased rainfall overnight, which has resulted in further damages to park infrastructure, the Kruger National Park (KNP) has implemented a gate quota system with immediate effect in the interest of visitor safety and effective traffic management: https://t.co/j8o8BdJ494 pic.twitter.com/Xrb7Wi8GT0
— SANParks (@SANParks) January 19, 2026
Op sosiale media het frustrasie oor swak infrastruktuur toegeneem, met ongeverifieerde bewerings oor die wanbesteding van fondse vir brûe en paaie wat wyd versprei word.
Due to increased rainfall overnight, which has resulted in further damages to park infrastructure, the Kruger National Park (KNP) has implemented a gate quota system with immediate effect in the interest of visitor safety and effective traffic management: https://t.co/j8o8BdJ494 pic.twitter.com/Xrb7Wi8GT0
— SANParks (@SANParks) January 19, 2026
Weerkenners waarsku intussen dat verdere reën moontlik is, met die huidige patroon wat gekoppel word aan La Niña-agtige toestande en die toenemende impak van klimaatsverandering, ’n kombinasie wat Suid-Afrika se kwesbaarheid vir uiterste weer opnuut ontbloot.
